Wellewendheid vandag
Die ou tante ry met die trein en oorkant haar sit ‘n jongman en kougom kou. Nadat die tante hom lank dopgehou het, sê sy: “Ag Meneer, dit is regtig baie mooi van jou om met ‘n ou vrou te gesels, maar ek is stokdoof en kan nie ‘n woord hoor wat jy sê nie.”