in

Dom Boer se lag vir die dag:

Foutlose identifikasie

‘n Omie sit in ‘n eetplek en hou ‘n sekere persoon deurgaans dop. Naderhand stap die sekere persoon na die omie toe.

Sekere persoon: “Ek sien jy rekôknaais my?”

Omie: “Ja. Jy is mos die een wat ‘n worsbroodjiestalletjie hier kom oopmaak.”

Sekere persoon: “Ou nou! Ek is ektjoehillie ‘n fymis sanger. Prietoorja Effem law my en speel my sôngs ammekaar. Hulle ienterwjoe my ook graag en boest al my siedies. Ek het gisteraand ‘n ôsam sjou hier gepriezent en my fêns het al die sôngs wat ek gedoen het trimendislie gelaaik…”

Omie: “Ja, ek was daar en ek het jou gehoor sing. Dit is hoekom ek dink jy sal beter vaar met ‘n worsbroodjiestalletjie.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Big players show top technology at Val Farmers’ day

Nuwe boek wys hoe naaldekokers water kan monitor