in

Diesel vs petrol: Hoe om te kies

Indien jy ‘n nuwe of tweedehandse bakkie of motor wil koop is daar altyd een belangrike vraag: Petrol of diesel?

Die Automobiel Assosiasie sê baie faktore beïnvloed hierdie keuse, nie net die brandstofpryse nie. Petrol is die duurder brandstofopsie, maar Suid-Afrikaners verkies dit oor die algemeen bo die dieselopsie. Daar is ‘n persepsie, veral by stedelinge, dat dieselvoertuie stadig, raserig en vuil is. Danksy vooruitgang in enjintegnologie en laeswael-diesel rook vandag se dieselmotors nie soos in die ou dae nie en loop hulle baie stil.

Brandstofverbruik

Gemiddeld verbruik dieselenjins tussen 25% en 30% minder brandstof as vergelykbare petrolmotors. En omdat diesel goedkoper as petrol is, kan jy gewis geld bespaar. Veral oor lang afstande is dieselverbruik beter.

Onderhoud

Omdat dieselenjins nie vonkproppe het nie en minder bewegende onderdele, vereis dit minder onderhoud en hou ook langer. Olie en filters moet steeds gereeld vervang word. Dienste op ‘n dieselenjin is in die algemeen duurder as ‘n petrolenjin.

Enjinkrag en prestasie

Dit is ‘n feit dat dieselenjins meer wringkrag het en is dus daarom meer kragtig. Daarom is dieselenjins perfek vir ‘n touvoertuig of vragdraer. Aan die ander kant, verhoogde wringkrag beteken minder perdekrag. Indien jy ‘n bietjie meer spoed wil hê, is petrol die antwoord, hoewel daar dieselenjins met turbo-aanjaers is wat ‘n paar petrolmanne lelik op die hulle neuse sal laat kyk.

Geraas en rygerief

Dieselvoertuie is nie meer raserig soos voorheen nie, maar petrolenjins is steeds stiller.

Aankoopprys

Dieselmotors is duurder as petrolmotors, maar aangesien die brandstof bietjie goedkoper is kan dit daar opgemaak word en jy sal heel moontlik baie langer en verder kan ry met ‘n dieselenjin aangesien dit langer hou.

Op die ou end gaan dit steeds oor die koper se persoonlike voorkeur en waarvoor die persoon die voertuig gaan gebruik.

Bron: Automobiel Assosiasie (AA)

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri 196 – Junie 2016

NWKV-skeeropleidingspan verower vele medaljes