in

Die verbruiker gaan nou nog meer vir brandstof betaal

brandstof

Die aankondiging deur die minister van Finansies, Pravin Gordhan, dat ‘n bykomende 30c per liter bygevoeg word tot die algemene brandstofheffing vir die tweede jaar in ‘n ry en dat ‘n bykomende 9c per liter bygesit word by die padongelukkefonds (POF), is rede tot kommer volgens die Automobiel Assosiasie (AA).

Die minister het die aankondiging in sy begrotingsrede gedoen. Die bykomende koste sal op 1 April in werking tree.

Die AA sê die bykomende 30c per liter beteken motoriste sal nou R3,15 bydra tot die brandstofheffing vir elke liter brandstof wat hulle in hulle voertuie gooi en ‘n bykomende R1,63 per liter vir POF betaal.

“Dit beteken dat vir elke liter petrol, motoriste nou R4,78 betaal of  35% aan indirekte belasting. Hierdie is ‘n baie groot bedrag en op ‘n 50 liter tenk brandstof beloop die kostes dan R239. Suid-Afrikaners sukkel alreeds danksy die swak ekonomie en nou sal hulle nog dieper in hulle sakke moet kyk. Dit nogal op ‘n tyd wanneer baie die regering se besteding bevraagteken.”

Teen die huidige prys van ‘n liter 93-oktaan petrol (R13,38 binnelands en R13,00 by die kus), sal die verhogings die prys na R13,77 en R13,39 per liter stoot. Dit is afhanklik van die maandelikse veranderinge aan die brandstofprys. Volgens die huidige syfers sal dit ‘n 50 liter tenk petrol R688,50 (binnelands) en R669,50 (kus) kos om nou vol te maak.

“Ons het lank ‘n beroep gedoen op die regering om ‘n gedeelte van hierdie brandstofheffing te gebruik vir projekte soos Gauteng se e-tol. Maar die geld wat ingesamel word deur hierdie heffings word nie daarvoor gebruik nie. Nou moet motoriste ekstra belasting betaal vir die gebruik van die paaie,” sê die AA.

“Motoriste bly maklike teikens vir die invordering van belasting hoewel baie ly as gevolg van stygings van die brandstofprys,” voeg die AA by.

“Duisende pendelaars maak staat op vervoer om by die werk te kom. Hierdie verhogings sal nie net ’n impak op vervoerkostes (busse, taxi’s) hê nie, maar plaas ook druk op ander kommoditeite wat op padvervoer staatmaak om goed regoor die land af te lewer.”

Bron: AA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Pravin Gordhan

TLU SA: Dien die begroting Suid-Afrika werklik?

grappe

Dom Boer se lag vir die dag: