in

Die-suiwelspitsberaad-bring-die-wêreld-na-Suid~Afrika!

MPO-lede het nog die geleentheid om te registreer teen ’n verlaagde tarief vir die ISF Wêreld Suiwelspitsberaad (WSB 2012), wat die wêreld se primêre, toonaangewende suiwelgebeurtenis is.

WSB 2012 vind vanaf 4 tot 8 November by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaas. Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf speel ‘n belangrike rol in die internasionale suiwelbedryf en is al vir jare ‘n permanente lid van die internasionale suiwelfederasie.

Hierdie geleentheid bring rolspelers in die bedryf van oor die wêreld in Kaapstad bymekaar om te praat oor volhoubaarheid, tegnologie, voeding en gesondheid asook produksie en die markgeleenthede te bespreek.

Maak seker dat u nie die belangrikste byeenkoms van suiwelspesialiste en besluitnemers in alle suiwelverwante velde misloop nie. Indien u belangstel om van hierdie aanbod gebruik te maak kontak asseblief vir Philip Swart by Philip@mpo.co.za of Yolanda Strydom by Yolanda.s@mpo.co.za of skakel enigeen van hulle by 012 843 5600.

Besoek www.wds2012.com vir volledige inligting oor die program, plek, akkommodasie, tegniese toere en sosiale byeenkomste.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Musiek-vir-ons-ore

Bosveld-Dorperklub-bied-boeredag-aan