in

Die Overberg se melk raak al meer gesog

Melkkopers kyk toenemend na die Overberg om aan die vraag na suiwelprodukte te voldoen. Die MPO sê in sy weeklikse nuusbrief dit is veral die gehalte van melk uit die Overberg en die bereikbaarheid daarvan wat kopers na die gebied lok. 

Kort op die hakke van Ladismith Kaas het Lancewood Cheese van George ongeveer 25 Overbergse produsente ingelig oor hul nuwe produksieproses wat daarop gerig is om nuwe marksegmente te ontgin. Op die oomblik word grondstowwe vir hierdie doel ingevoer. Tydens ’n onlangse vergadering het hulle melkprodusente uit die Overberg aangemoedig om by die organisasie aan te sluit en melk met ’n hoë vastestofinhoud te lewer. 

Melkboere is dit eens dat produsentepryse in die Overberg sal moet verhoog om in die toekoms volhoubare melkproduksie van gehalte aan die verbruiker te verseker. Veral diesel- en veevoerpryse het dramaties gestyg, wat geweldige druk op volhoubaarheid van melkproduksie plaas. 

Mnr Dèan Kleynhans, suiwelboer uit die Overberg, sê waar in die verlede daar net een dominante melkkoper was, is daar nou ses verskillende melkkopers in die Overberg wat melk van ’n hoë gehalte van produsente in die omgewing wil aankoop.

 

Parmalat dit en geniet dit! 

Parmalat-kaas is as die 2013/2014-kaas-kategoriewenner tydens die gesogte jaarlikse Suid-Afrikaanse TGI Icon Brands-prestasiemetingsopname aangewys. Parmalat het die hoogste algehele telling gehaal in die kaaskategorie wat sy gewildheid in die kaasmark onderstreep. 

Die 2013 TGI-opname het 15 000 verbruikers, wat meer as 20 miljoen volwassenes verteenwoordig, geteiken. 

Die bemarkingsbestuurder: Kaas, Ryk Coetzee, het gesê: “Ons weet Suid-Afrikaners het respek en liefde vir ons naam, maar ons topposisie in die kaaskategorie bewys ook dat hulle ons kaasnaam gebruik en lojaal daaroor is – iets waaroor ons baie trots is. Ons verbintenis tot gehalte bly Parmalat se enkele belangrikste riglyn en ons dank Suid-Afrikaanse verbruikers vir hulle volgehoue ondersteuning.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Droogte knou koringaanplantings in sekere streke

Kom-luister-wat-sê-boere-oor-geenbewerking