in

Die-nuwe-Toyota-Etios-bring-sonskyn

Kom ons wees nou maar eerlik – Suid-Afrikaanse weer het die laaste rukkie maar vreemd gemaak. Ekonomiese druk is op ’n hoogtepunt en die algemene leefkoste is regtig besig om sy tol te eis (opsetlike woordspeling…). Toyota het met die splinternuwe Etios hierop geantwoord.

Dit is ’n voertuig wat alles het: ruimte (grootste in sy klas), woema (grootste enjin in sy prysklas), toerusting (alles wat ’n mens nodig het) en prys (vanaf net R115 800). Dié nuweling sorg ook vir daardie tikkie ontwykende ekstra – persoonlikheid. Dit is hoekom die naam “Etios” so goed van toepassing is. Dit is afgelei van die Griekse woord “ethos” wat begeestering, karakter en ideale beteken.

Hier is ’n paar van die gemak- en geriefskenmerke wat die son sal laat skyn:

·                     Elektriese kragstuur;

·                     Afstandbeheerde sentrale sluiting (in die XS);

·                     Kantelbare stuurkolom;

·                     Lugversorging met skoonlug-lugfilter;

·                     Verkoelde paneelkissie;

·                     Elektries beheerde vensters voor en agter (in  die XS);

·                     Bykomende kragsok;

·                     Handebeheerde kopligverstelling;

·                     Ontwasemer vir die agtervenster (in die XS);

·                     Toereteller (in die XS).

Die viersilinder-petrolenjin van 1,5 liter met ’n aluminium silinderblok is van nuuts af ontwikkel en aangepas om aan die unieke vereistes van die Suid-Afrikaanse mark te voldoen. Die enjin, wat aan ’n vyfgang-handratkas gekoppel is, pronk met skitterende brandstofverbruik en rybaarheid. Die gekombineerde brandstofverbruiksyfers beklemtoon dit en die Etios haal net 5,9?/100km en 6,0?/100km vir die sedan en luikrug onderskeidelik. Die enjinverrigtingseienskappe is vervolmaak met die klem op laespoed-wringkrag, en dit word ook deur die Etios se billike versnellig van
0-100km/h in net 11,3 sekondes weerspieël. Sy topspoed is ’n stewige 165km/h.

Wat sekuriteit betref, het die hele reeks ’n immobiliseerder as deel van die standaardtoerusting, sowel as kinderbestande slotte vir die agterdeure en ’n derde hooggemonteerde ligdiode-remlig. Die XS-modelle is ook met afstandbeheerde sentrale sluiting toegerus.  ABS-remme is deel van al die modelle se standaardtoerusting, terwyl lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier ingespan word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Koringplanttyd: Die manne wat weet plant met Tatu van Valtrac

Wentyd-by-Senwes