in ,

Die nuutste Krone Big X 700 maak stem dik in SA

This post is also available in: Afrikaans

’n Kragtige nuwe Krone Big X 700-kuilvoerkerwer maak deesdae kuilvoer dat dit klap vir die broers, Willem en Paul Basson, van Uilenkraal Boerdery in Darling. Die Krone Big X 700 is reeds volstoom aan die werk om hawerkuilvoer te maak, maar hy is meer as opgewasse vir enige gewas wat daarna streef om kuilvoer te word.  

Die Basson-broers het hulle vorige masjien, die Krone Big X V8, in 2008 aangeskaf en na ses jaar van baie goeie diens het hulle besluit om dit met ’n Krone Big X 700 te vervang. Dié besluit is verder ook gemotiveer deur groei in hulle melkery en die behoefte aan ’n kragtiger masjien wat nog vinniger kan werk. 

Hulle is baie beïndruk met die kapasiteit van die nuwe, kragtiger masjien en vol vertroue dat hy die 700 hektaar se hawerkuilvoer wat hulle wil maak gou-gou sal kafdraf. Die Krone Big X V8 kon gemaklik ’n 7,6m-platsnyer se rye optel (wat alreeds ‘n gedugte taak is), maar die nuwe, kragtiger Krone Big X 700 kan dieselfde grondspoed met ’n 10,6m-platsnyer se rye handhaaf. Dit is ’n reuse doeltreffendheidsverbetering van 25%. 

Besoek www.rovicleers.co.za vir meer inligting oor Rovic Leers se wye reeks nuttig werktuie vir die boer wat wil boer. 


Die trotse span agter Suid-Afrika se nuutste Krone Big X 700 wat onlangs deur die Basson-broers van Darling ontvang is: Dewald van Dyk (sakebestuurder van Rovic Leers, Kaapstad), Paul Basson (mede-eienaar van Krone Big X 700), Lindsay Green (besturende direkteur van Rovic Leers), Philip Oosthuizen (gebiedsbestuurder van Rovic Leers en Nichol Shreuder (Gunntrack, Rovic Leers-handelaar). 

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die wolmark bly op koers

Boer slim met vee!