in

Die-Nissan-Pathfinder-is-nou-nog-meer-legendaries

Taai, sag op die oog en toegerus met al die luukshede waarvan ‘n mens kan droom, die Nissan Pathfinder SE is die perfekte voertuig vir die plaaspad. Nissan het onlangs twee splinternuwe modelle bekend gestel.
Nissan_pathfinder_review
Die Pathfinder SE is beskikbaar in handratkas, sowel as ‘n outomatiese ratkas. Die motor bied die beste vermenging van praktiese werkverrigting en pure veldry-bestuurplesier teen ‘n baie bekostigbare prys.

Nissan Pathfinder 2.5 dCi 4×4 SE
Net soos sy voorgangers, die Pathfinder LE en Pathfinder V9X is die SE toegerus met ‘n verskeidenheid aanloklike eienskappe.

Die voertuig is taai genoeg vir die plaas, maar lyk ook goed genoeg om vroulief Sondag kerk toe te neem. Die SE is meer gemaklik as ooit met ‘n multiskakel suspensiestelsel en ‘n laer profiel. Elke wiel het ook nou die vermoë om op sy eie die pad te vind om rowwe terreine maklik baas te raak. Die veldry-pakket is spesifiek vir Suid-Afrikaanse toestande ontwerp met ‘n laer sentrale gravitasiepunt asook nuwe skokbrekers wat vibrasies verminder.
pathfinder_resensie_se_nissan
Die Pathfinder SE word aangedryf deur ‘n 2.5-liter turbo-aangejaagde, viersilinder dieselenjin met ‘n indrukwekkende 140 kW teen 4 000 opm en 450 Nm teen slegs 2 000 opm lewer. Dit word gekombineer met ‘n sesspoed handratkas of ‘n vyfspoed outomatiese ratkas en 4×4 aandrywing asook aktiewe remglipstelsel. ABSL verseker dat krag na die wiele gestuur word wat die meeste traksie het en ook dat wiele wat hulle greep op die pad verloor het, tot stilstand kom.

Maar al hierdie growwe eienskappe beteken nie dat die voertuig nie luuks is nie. Daar is pakplek vir Afrika. Ander standaard eienskappe sluit in ‘n glasruit in die agterkant vir wanneer privaatheid benodig word. Dan is daar ook ses houers vir drinkgoed, ritbeheer, ‘n multifunksionele stuurwiel, ‘n aanboordrekenaar, Bluetooth, en klimaatbeheer. Die SE beskik ook oor 17 duim allooiwiele, ses lugsakke, ABS-remme,elektriese remme, heuwelwegtrekbystand (HSA) en dinamiese voertuig beheer (VDC).
pathfinder.se_resensie_nissan
Die Pathfinder SE is nie net ‘n voertuig met klas nie, dit het ook ‘n sagte plekkie vir die omgewing. Brandstofverbruik is besonder lig met 8,5 liter wat benodig word vir 100 km en ‘n CO² vrystelling van slegs 224 g/km (238 g/km vir die outomatiese ratkas).

Pryse:

Pathfinder Model (BTW ingesluit)
2.5dCi 4X4 MT SE            R 450,900
2.5dCi 4X4 AT SE             R 470,900
2.5dCi 4X4 AT NAV LE     R 594,900
3.0dCi 4X4 AT NAV LE     R 694,900
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wolmark verloor glans

Nuwe middel help hoenders groei