in

Die Mike Loutfie Foundation help mense in die COVID-19 tyd

This post is also available in: Afrikaans

Die Mike Loutfie Foundation is deurentyd betrokke by pogings om COVID-19-voedseltekorte hok te slaan.  

Hulle jongste samewerkingsooreekoms is met Agri SA, wat ‘n R1 000 000 skenking van Yara Africa Fertilizer ontvang het. In ‘n mediaverklaring op Wêreldhongerdag sê Yara dat hulle dankbaar is dat dit steeds moontlik is om by te dra tot voedselprogramme in hierdie moeilike tye. Voorts is hulle ingenome daarmee om saam met Agri SA en sy geaffilieerdes aan hierdie projek te werk.

Die Mike Loutfie Foundation sal Donderdag 6 Augustus saam met RSA Market Agents en Agri SA by die Bloemfontein Mark wees om kospakkies vir geselekteerde begunstigdes uit plaaslike gemeenskappe te verpak en te versprei.

Die Mike Loutfie Foundation se visie is om mense se lewens positief te beinvloed. Die stigting noem hierdie visie “Moving Lives Forward” en is ‘n venoot in die gesamentlike poging tussen Agri SA en Yara deur te help met die selektering van begunstigdes en die verspreiding van die produkte.

Die stigting se uitvoerende direkteur, Zani Kunz, sê dat daar in reaksie op die honger en vernietiging in gemeenskappe, voortgegaan word om deur die COVID-19 pandemie vars groente aan welsynsorganisasies te lewer. Die stigting het ook ruim skenkings van borge ontvang.

“Terwyl hierdie kosbydraes ons fokus bly, werk ons ook daaraan om die hongergaping kleiner te maak met meer volhoubare en langtermyn voedselhulp,” sê Kunz. “Right now, communities in South Africa need our support. COVID-19 has exponentially increased national hunger devastation and we as a foundation at the heart of the fresh produce industry is poised to respond with both meaningful and impactful solutions in order to close this gap.”

Die Mike Loutfie Foundation is ‘n trotse vennoot van Agri SA, Yara en RSA Market Agents in Bloemfontein wat gemeenskappe in hierdie onmiddellike krisis bystaan.  

Bron: Mike Loutfie Foundation

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Impac Cropsure verseker volhoubare boerdery tot almal se voordeel

alkohol

Die verbod op die verkoop van alkohol is ‘n ekonomiese nagmerrie