in

Die grootste pampoen weeg 556 kg

groot pampoen

Hierdie jaar se wenpampoen van die Goliat-van-Gat-pampoenfees is ‘n rekordbreker. Dit is die grootste en swaarste pampoen wat nog ooit die wedstryd gewen het en dit kom uit ‘n voorstedelike tuin uit! Hugo le Roux se wennerpampoen is ‘n enorme 556 kg en 1,6 m by 1 m.

Verlede jaar se grootste pampoen het 388 kg geweeg.

Hugo was die afgelope drie jaar al die wedstryd se bobaaspampoenkweker. Sy gesin is deel van sy span en help hom om hierdie groot pampoene te kweek. Hulle eerste jaar se pampoen het net so 80 kg gehaal. Die wenresep, volgens Hugo, is goeie grond met ‘n neutrale pH. En dit neem tussen 140 en 150 dae vir die pampoen om sy volle grootte te bereik.

Die pampoene wat na die Goliat-van-Gat-fees gebring word, word opgesny en uitgedeel vir liefdadigheid. ‘n Deel die geld wat op hierdie dag deur die stalletjies gemaak word, gaan ook vir liefdadigheid.

Die reuse pampoen word tans by Uitkyk Vleismark, die hoofborg van die wedstryd, uitgestal. Die wedstryd word gereël deur die Cullinan Boere-unie en inskrywings vir volgende jaar se wedstryd sal eersdaags by TLU SA se kantoor beskikbaar wees.

pampoen
Hugo le Roux weeg sy wennerpampoen.

pampoen

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agritech

Big increase in international pavilions at Agritech Expo Zambia shows global excitement about Zambian farming sector

Toyota

Toyota bied afslagdienste vir alle voertuie ouer as 5 jaar