in

Die-Beefmaster-Nasionale-veiling-is-goed-ondersteun

Besoekers aan die veiling het van heinde en ver gekom om die geleentheid te hê om van die prag Beefmaster-diere te kom.

Kopers en verkopers het van sover as Nylstroom gekom om die veiling by te woon. Die gemiddelde prys vir ‘n bul was R44 500 terwyl dragtige verse ‘n gemiddeld van R17 966,67 behaal het. Oop verse is vir ‘n gemiddeld van R12 888,89 verkoop.

Die bul wat die hoogste prys behaal het, kom van Tony da Costa van Beefmaster Alliance Investment. Die bul is vir R90 000 deur AC Bothma gekoop. Jan Schoeman se dragtige vers is vir R26 000 aan Dirco Swart van Blinkmeneer Beefmaster verkoop. Dr Hendrik Meyer van Fonteinriet het die dag weggestap met die duurste oop vers wat hy by Cloete Odendaal van Varsfontein Beef gekoop het vir R 19 000.00
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wilde-logika

Oesskatting: Opbrengs is minder as verwag