in

CropLife SA het ‘n nuwe plaagdodergids

Die dae van voor rakke staan en soek na ‘n produk wat ‘n spesifieke plaag kan beheer, is verby. CropLife Suid-Afrika (CLSA) bied ‘n nuwe instrument vir die verantwoordelike beheer van plae in en om huise. Die organisasie het ‘n gids vrygestel met inligting oor die chemiese beheer van sekere peste binne en rondom huise, hospitale, koshuise, kombuise en kantore.

Die gids bevat ‘n eenvoudige lys van geregistreerde plaagdoders en die peste waarvoor hulle gebruik kan word asook die aktiewe bestanddele en gebruiksaanwysings. Dit is saamgestel deur Kathy van Zyl vir CLSA en is ‘n eerste vir Suid-Afrika. Dit is veral vir huiseienaars en professionele plaagbeheeroperateurs bedoel.

Daar is ‘n aparte afdeling vir knaagdierdoders met instruksies vir die gebruik daarvan.

Verbruikers koop dikwels plaagdoders wat nie geregistreer is vir huishoudelike gebruik  nie en wat dan ernstige gevolge vir hulself, hulle families en hulle troeteldiere kan hê. Slegs produkte wat geregistreer is vir huishoudelike gebruik moet in en om huise gebruik word. Dit word deur hardewarewinkels en koöperasies verkoop.

Lede van die publiek moet probeer om gelyste produkte te koop. As dit nie gelys is nie, is dit waarskynlik nie geregistreer vir huishoudelike gebruik nie. Sommige aktiewe bestanddele soos sipermetrien is beskikbaar vir beide huishoudelike gebruik en vir die landbou. Die landbouprodukte sal meestal veel hoër konsentrasies bevat as die produkte vir huishoudelike gebruik en hou ‘n groot risiko in as dit gebruik word in geboue.

CLSA raai ook alle verbruikers aan om etikette van plaagdoders te lees voordat hulle dit gebruik en as hulle onseker is daaroor die Griffon Gifinligtingsentrum te skakel by 082-446-8946 vir raad. Verbruikers gebruik dikwels plaagdoders sonder om kennis te neem van waarskuwings, voorsorgmaatreëls of gebruiksaanwysings.

Met hierdie gids het die verbruiker ook ‘n instrument om te kyk na plaagbeheeroperateurs  om te verseker dat hulle produkte gebruik wat geregistreer is vir gebruik binne geboue. Die plaagdodergids kan bestel word deur die vorm in te vul:  http://croplife.co.za/images/croplife/publications/AVCASABookOrderForm.pdf.

Bron: CropLife

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Intensiewe teelpraktyke van grootwild moet beter beheer word

The sweet spot in Africa's agriculture