Brandstofprysstygings in Augustus verwag

Deur Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom

brandstof

Die pryse van brandstof sal na verwagting in Augustus styg. Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vanoggend bekend gemaak is, kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 2 Augustus 2017 moontlik met 12,9c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud moontlik met 26,6c per liter styg.

Die ru-olieprys het oor die afgelope maand aanvanklik tot $46,71 per vat gedaal, maar daarna weer redelik vinnig tot $50,59 per vat gestyg. Dit het stygings in die gemiddelde internasionale pryse van petroleumprodukte gehad wat verhogings van 1,0c per liter in die petrolprys en 14,5c per liter in die dieselprys veroorsaak het.

Die wisselvalligheid in die daaglikse gemiddelde R/$-wisselkoers gedurende die afgelope maand tussen R/$13,54 en R/$12,86, het  stygings van 11,9c per liter in die petrolprys en 12,1c per liter in die dieselprys tot gevolg gehad.

Die finale prysveranderings sal op Vrydag, 28 Julie 2017 deur die Minister van Energie bekend gemaak word.

Bron: Departement van Energie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

tucson

HYUNDAI TUCSON se spiertier boet

Augustus kalenderdatums om te onthou