in

Brandstofpryse styg in April as gevolg van brandstofheffing

This post is also available in: Afrikaans

Alhoewel basiese brandstofpryse verder gaan daal na die einde van die maand, gaan die algemene brandstofpryse verhoog as gevolg van die toevoeging van verhoogde brandstofheffings in April. So sȇ die Automobiel Assosiase (AA), wat kommentaar gelewer het op die ongeouditeerde middelmaandse brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

“Die wisselkoers van die Rand teen die Amerikaanse Dollar het baie bestendig gebly sedert die begin van die maand, met die rand wat met ongeveer twee sent verswak het,” sȇ die AA.

“Oor dieselfde tydperk het internasionale oliepryse effens teruggesak ten gunste van Suid-Afrikaanse brandstofgebruikers.”

Die AA sȇ pryse vir petrol dui op ‘n waarskynlike afname van sowat 12c per liter, diesel 18c, en paraffien 13c.

Maar alhoewel die pryse ‘n afname wys gaan die bykomende 52c vir die brandstofheffing die algemene prys van brandstof in April verhoog met ongeveer 40c.

Die voormalige minister van Finansies, Malusi Gigaba, het in sy begrotingsrede in Februarie aangekondig dat die algemene brandstofheffing met 22 sent per liter van R3,15 tot R3,37 (7% toename) sal styg en die RAF-heffing sal met 30c van R1,63 tot R1,93 (18% toename) styg.

Op die oomblik gaan 38% en 39% van ‘n liter petrol (93) in die binneland en die kus na belastingheffings.

‘n Liter petrol (93) in die binneland kos tans R13,54. Met ‘n basiese brandstofprysverlaging van 12c (in April), sal dit afneem tot R13,42. Die totale prys van ‘n liter sal egter tot R13,94 styg met die bykomende 52c per liter brandstofheffings.

‘n Liter petrol (93) teen die kus kos tans R13,13. Met die voorspelling van ‘n afname van 12c sal dit na R13,01 skuif. Maar die algemene prys sal dan verhoog na R13,53 met die verhoogde heffing.

Bron: AA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Mitsubishi se ASX-vlagskip nog meer eksklusief

Twee plaasaanvalle op een dag in Wes-Kaap