in

Brahmane gee oemf aan die Windpompfees

Besoekers aan die jaarlikse Windpompfees wat onlangs op Naboomspruit gehou is, het hulle weer verkyk aan die Brahmane wat kom saamkuier het.

windpompfees_brahmaneWillem Barnard berig dat die fees aanvanklik as ‘n musiekfees begin het, maar dit het so uitgebrei dat daar vanjaar ‘n volwaardige vee-afdeling was.  Verskeie Brahmantelers het hulle beeste soos in die verlede uitgestal.  Die Brahman-tent is ook aangewys as die beste grootvee-uitstaller.

‘n Hoogtepunt vir die uitstallers en besoekers was die Brahman-optog  deur die hele terrein en dwarsdeur die kuiertent. Nie eers die oorverdowende  musiek van die kunstenaars het die beeste ontstel nie.

windpompfees_brahmaneMense het tougestaan om foto’s van hulleself te laat neem by die groot Brahman-bulle en die kinders wou net beesry!

Die beweeg van die Brahmane deur die terrein het een van die hoogtepunte van die fees geword en die organiseerders gebruik dit ook as deel van hulle bemarking dat jy in die Bosveld in die biertuin kan sit en foto’s kan neem van bulle wat tot  ‘n 1 000 kg weeg.

Volgens die telers wat uitgestal het, is die blootstelling ongelooflik.  Hulle sê daar is nie nog ‘n skou of uitstalling waar hulle diere aan so baie mense vertoon word nie en hulle het ‘n beroep op ander telers gedoen om die uitstalling in die toekoms te ondersteun. 

Besoek gerus die Windpompfees se webblad  www.windpompfees.co.za.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die wolglans is weg

2013-AUDI-AVANT-S4-Quattro