in

BOKS-VIR-‘n-BOERVROU in droogtegebiede

This post is also available in: Afrikaans

Wellington VLV wil hoop bring vir boervroue wat gebuk gaan onder die droogte voor Kersfees met die wonderlike projek- Boks-vir-‘n-Boervrou!

Dit gaan daaroor dat ander mense ‘n skoenboks of wynboks vul met items wat dan aan die boervroue gestuur gaan word wat deur ‘n droogte geraak word.

Al die bokse moet in koerantpapier toegedraai word met ‘n mooi lint daarom gebind en geen name moet bygesit word nie. Jy kan meer as een boks skenk of saam met iemand ‘n boks opmaak.

Hoe werk dit:

Boks-vir-‘n-Boervrou moet teen 31 Okt/2 Nov by Wellington VLV wees. Daarna kyk hulle hoeveel bokse hulle het en hoeveel moet na watter dorpe/distrikte gaan.

Waarnatoe kan jy dit koerier:
Juanita Loubser
Pieterwiumstraat 16
Paarl
7646

Pakkies kan via Aramex, Pep to Pep Paarl Mall of selfs Postnet Paarl gestuur word. ‘n Ander opsie is aanlyn inkopies.

Wat in die pakkie kan wees:

Badkameritems, sjampoe, tandepasta, lekkerruikgoed vir hom en haar, lekkergoed wat nie smelt of breek, jellie, speserye, oats, noedels, tuna, kondensmelk, dettol, watte, vitamine bruistablette, tydskrif, penne en potlode, pleisters, panado’s, cuppachino sakkies, soppoeier, blik mielies, lipstiffie of mooi serpie en ‘n vatlap/ vadoek/afdroogdoek. Selfs tissues, haarrekkies of maskara en skeermessies. Jy mag insit wat jou sak pas.

Kontak Juanita Loubser by 083-264-9834 en Karen Barnard by 082-448-0690 vir meer inligting oor die projek.

What do you think?

4 points
Upvote Downvote

Total votes: 8

Upvotes: 6

Upvotes percentage: 75.000000%

Downvotes: 2

Downvotes percentage: 25.000000%

Agri SA announces Board at the 2019 Congress

Agri SA omarm die vierde nywerheidsrewolusie