in

Bokhaarmark onveranderd

bkb

Op die vierde bokhaar-veiling van die winter-verkoopseisoen was die pryse vir alle tipes bokhaar basies onveranderd.

Daar was goeie mededinging tussen al die kopershuise. Die Rand het met 5,5% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak en verhandel tans teen R14,28. Dit beteken die bokhaarprys gaan hoër wees.

Die aanbieding het uit goeie gehalte sybokhaar bestaan met uitstekende individuele skeersels. Die gemiddelde markaanwyser het met 0,9% verbeter en op R193,63/kg gesluit. Dit is 1,7% hoër as in die ooreenstemmende veiling van die vorige winterseison.

Die volgende veiling B05 sal op 1 November 2016 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

volkswagen

Volkswagen se nuwe Polo Vivo Storm

Dom Boer se lag vir die dag: