in

Bokhaarmark onveranderd

This post is also available in: Afrikaans

Die eerste veiling van die 2019 somerverkoopseisoen het met goeie mededinging van alle kopers afgeskop.

Alhoewel die aanbieding van die eerste veiling altyd varieer in gehalte en lengte, het die kopers aktief meegeding om die klein hoeveelheid sybokhaar wat aangebied was. Die fyner kant van die aanbieding het duurder verhandel terwyl die sterker tipes goedkoper was.

Die gemiddelde markaanwyser het onveranderd gesluit op R278,98/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van fyn grootbokhaar met 2,6% gedaal het om op R278,56/kg te sluit. Die gemiddelde aanwyser van sterk grootbokhaar het 3,1% goedkoper op R267,38/kg gesluit. Geen prysvergelykings is gemaak vir die kleinbokkies en jongbok segmente van die aanbod nie.

Die volgende veiling van die 2019 somer verkoopseisoen sal op 5 Maart 2019 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

BI partners with OVK to offer its Agri-Smart solution to farmers

Final area planted and crop production figures for 2018