in

Boere-toe-nie-grootste-kragdiewe

Eskom het vroeëre verklarings dat boere die grootste kragdiewe in die land is, teruggetrek. Dit was glo ‘n “wanvertolking van data”.

Mev Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom sê: “Eerstens gebruik die landbousektor maar ‘n skrale 3% van Suid-Afrika se krag en of dit nou gemeet word in terme van geldelike verliese of gigawatt-uur is die hoeveelheid kragdiefstal onder boere hoegenaamd nie wesenlik nie.”

Residensiële verbruikers is verantwoordelik vir 40% van Suid-Afrika se kragdiefstal. Medium- tot groot verbruikers is verantwoordelik vir die ander 60% se verlore omset. Die landbousektor is volgens Eskom wel verantwoordelik vir die helfte van die “voorvalle” onder grootskaalse gebruikers waar daar met meters en toerusting gepeuter word.

Eskom het sy spyt uitgespreek oor enige misverstand wat tot ongelukkigheid in die landbousektor kon gelei het: “Eskom is bereid om met verteenwoordigers van die sektor te vergader indien daar nog onsekerhede is wat hulle met Eskom wil bespreek,” sê mev Joffe.

Blykbaar het die “wanvertolking” ontstaan toe Eskom die punt probeer maak het dat die diefstal van elektrisiteit nie net ‘n “township” probleem is nie.

Die diefstal van elektrisiteit is in geldterme die grootste vorm van misdaad in die land. Daar word jaarliks R4,4 miljard se krag gesteel.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Landbouskole-ding-mee-om-slaglamtrofee

Acanto-gee-swamme-op-gars-gas