in

Boere en Die Spoorsnyers trap renosterstropers vas.

Na ‘n briljante stukkie saamwerk tussen die boere van die Naboomspruitdistrik en ‘n organisasie genaamd Die Spoorsnyers, is twee vermeende renosterstropers vasgetrek.

Dié misdaadvoorkomingsorganisasie sê hulle het Sondag inligting gekry dat twee stropers op ‘n plaas in die gebied skuil.

Een van die mans is aangekeer en daar is ‘n byl, messe en ‘n 9mm-pistool by hom gekry. Sy makker het weggehardloop.

Boere het paaie in die gebied afgesper en almal was op die uitkyk vir die man. Hy is later deur Die Spoorsnyers aangekeer. Hy het ‘n .375-jaggeweer met ‘n teleskoop en ‘n knaldemper by hom gehad. 

Dit is nog nie bekend of die twee vermeende stropers ‘n renoster doodgemaak het nie.

Die Spoorsnyers het die boere vir hul samewerking geloof en gesê hulle was " ‘n voorbeeld van hoe dit gedoen moet word".

Daar is verskeie wildsplase met renosters in die Mookgophong-distrik. Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Rooivleisboere: Dis kongrestyd

Hereford: Vinnige groeiers vir fynproewers