in

Boer vir wins: Rumax maal, meng en voer vir ’n vale

 Hoe lekkerder jou diere eet, hoe lekkerder presteer hulle en hoe lekkerder maak jy wins uit jou boerdery.

’n Voorvereiste om hierdie waarheid werklikheid te maak, is ’n voermenger waarop jy kan staatmaak. So ’n voermenger moet 365 dae per jaar onwrikbaar betroubaar wees, selfs in taai, uiterste toestande.

“Ek het lank gesoek en na baie mengers gekyk voordat ek Rumax gekies het,” sê Johan Coetzee van NJE Boerdery naby Randfontein. “Die menger speel ’n sleutelrol in die boerdery, daarom is net die betroubaarste, deeglikste menger, gerugsteun deur die beste diens, goed genoeg. Dit is Rumax.”

Hy moet materiaal presies afweeg, sekuur kerf en deeglik meng sodat elke dier met elke hap presies alles kry wat hy nodig het om te presteer. Dit moet maklik wees om met hom te werk en hy moet elke kriesel voer sonder vermor-sing vir jou laat werk.

As ’n mens op al hierdie hoedanighede, en boonop nog ’n flink rugsteundiens van die verskaffers, aandring, dan moet jy seker maak dat die naam, Rumax, op jou voermenger staan. Jou diere sal net so bly wees soos jy.

Dit is die raad wat Johan Coetzee van NJE Coetzee Boerdery naby Randfontein gee, en hy behoort te weet waarvan hy praat, want sowat 400 puik Holsteinkoeie reken op sy Rumax 9 om hulle elke dag tydig van presies die regte rantsoen te voorsien. Dit beteken dat sowat tien ton voer per dag in die winter deur die menger se pens moet gaan. Dié menger hou 9 kubieke meter kuilvoer of hooi, selfs in ronde bale.

NJE Boerdery produseer self al die kuilvoer en hooi wat sy beeste eet. Hulle het voorheen ’n ander soort voermenger probeer gebruik, maar dit het nie goed gegaan nie. Die vervaardiger se raad was dat hulle ’n stuk ou vervoerband by ’n myn moet probeer koop en dit dan sny en pas om die menger aan die werk te kry.
 
NJE Coetzee Boerdery se Rumax 9-voermenger is die onwrikbare staatmaker wat elke dag stiptelik die beeste se perfek gekerfde en gemengde rantsoene aflewer.
Hierdie menger werk al vier jaar lank om elke dag nagenoeg tien ton voer te
verwerk en speel ’n sleutelrol in die melkery.
“My werk is om te boer; nie om met masjinerie wat verkeerd ontwerp en vervaardig is te sukkel nie,” sê Johan, en dit is hoekom hy die sukkelmenger summier met ’n doeltreffende Rumax vervang het.
 
In hierdie boerdery speel die voermenger ’n sleutelrol, vertel Johan. “As die menger staan, staan die hele melkery. Ons kan nie bekostig om enigiets minder as die allerbeste menger te gebruik nie.
 
“Sedert ek die Rumax aangeskaf het, was dit nog nooit weer nodig om ’n hamermeule te gebruik nie,” sê Johan. “Ons gooi alles in die menger en hy weeg en sny en kerf en meng alles perfek en vinnig – alles met hidrouliese aandrywing en beheer. Daarna lewer hy dit af met sy kettinggeut op enige hoogte wat jy wil hê en teen die tempo wat jou pas.”
 
’n Belangrike bydraer tot die boer se gemoedsrus is die feit dat Rumax se mense besef hoe belangrik ’n menger vir die boer is. Hulle maak nie net die beste mengers teen die gunstigste pryse nie, maar sorg ook dat jou menger sonder onderbreking die werk doen waarvoor jy hom aanhou.
 
Johan het al ’n vragsel wat ingegee het bestel en die nuwe een binne ’n dag ontvang. Hy het al vergeet hoe om die skaal te kalibreer en Rumax se mense het hom op ’n Saterdagmiddag oor die telefoon gehelp om dit te doen. ’n Ander keer het ’n vreemde ding in die menger se ratkas beland. Die volgende dag het ’n tegnikus met ’n nuwe ratkas van Worcester af aangekom en dieselfde middag het Johan se menger weer volstoom gewerk.
 
“Ek het lank gesoek en na baie mengers gekyk,” sê Johan. “Met Rumax het ek die beste gekies en ek is in alle opsigte baie tevrede. My volgende voermenger sal gewis weer ’n Rumax wees.”
 
As jy ook jou diere wil trakteer met die bes gekerfde, bes gemengde en tydigste voerrantsoene, praat met Jaco Pieters van Rumax by 082-335-3970 of 023-342-6070 of jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za en kyk ook na Rumax se kleiner en groter mengers, korrelmasjiene, hamermeulens en misstrooiers.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boere-skenk-mildelik-aan-mense-wat-swaar-kry

Maak-die-beste-stroper-beter:-Valtrac-se-DBF-stroop-elke-liewe-pit