in

Blouskool in Kroonstad hou wolklaskursus

Cape Mohair en Wool (CMW) het onlangs ‘n slim belegging in die toekoms van die wolbedryf gemaak toe hulle hul wolkennis met leerlinge in Kroonstad gedeel het.

Landbouleerlinge van Hoërskool Kroonstad het ‘n opwindende vierdag-wolklaskursus bygewoon wat deur tegniese veldbeamptes van CMW aangebied is. Skape uit die skool se kudde is vir die doel gebruik en die instrukteurs het ook ander skaarser wolmonsters soos fynwol saamgebring.

 Cobus Marais en Danie Erasmus klasseer van die verskeie wolsoorte tydens die kursus.

Leerlinge, sowel as lede van die publiek, wat die kursus geslaag het spog nou met ‘n Seta-geakrediteerde kwalifikasie en ‘n wolklas Springbokkop.

“Suid-Afrika kry tans beter wolpryse as Australië, en ons land lewer goeie gehalte kamwol vir wolitems soos klere, onderklere en matte. Daar is wêreldwyd ‘n groot terugkeer na natuurlike produkte en die aanvraag na wol neem net toe. Die kursusgangers gaan dus vorentoe groot baat vind by dié kursus,” verduidelik CMW se streeksbestuurder, Cornie Faber.

Daar sal weer in Augustus so ‘n kursus aan die graad elf-leerlinge aangebied word.

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wat hou die nuwe jaar vir die rooivleisbedryf in

Wilde diere hoort in die natuur, sê die DBV