in ,

Besproeiing: ’n Plan vir elke plaas

afriq water

This post is also available in: Afrikaans

Geen boerdery kom uit met ’n bloudrukplan vir elke uitdaging nie. ’n Boer soek oplossings wat pas by sy plaas, sy boerdery en sy manier van dinge doen.

Afriq Water is ’n besproeiingsmaatskappy wat dit verstaan en Wynand Ueckermann en sy span is voortdurend op soek na beter en meer bekostigbare oplossings vir boere, met ’n produkreeks wat saam met die boerdery kan groei.

Goukoppelstelsel

Die veelsydige plastiek-goukoppelstelsel met sy helder oranje koppelstukke is nou al ’n bekende gesig op vele groenteplase, in aangeplante weiding en in spilpuntuitvalhoeke. Die HDPE-pype is duursaam, maar lig, sodat dit maklik verskuif kan word. Die verskeidenheid passtukke, elmboë, T-stukke, kruise en kinkels maak dit moontlik om enige stelsel van enige grootte te bou om selfs in die uitdagendste vorm land in te pas. Dit kan ook by huidige staal goukoppelstelsels aanpas.

Afriq Water se passtukke is UV-bestand en die helder oranje kleur maak dit ook makliker om die passtukke tussen plantegroei te sien en om trapskade deur trekkers en ander voertuie te verhoed.

’n Reeks HDPE-pyp (hoëdigtheid-poliëtileen) van 50 tot 160 mm met die slim goukoppelstelsel word maklik deur net een mens gekoppel of ontkoppel. Standaardlengtes is 5 en 6 meter, sodat een mens alleen ’n volledige stelsel kan aftakel, verskuif en weer aanmekaarsit. Verskeie ander lengtes is op aanvraag beskikbaar.

Drupperlyne

In ons waterskaars land tel elke druppel en met Afriq Water se drupbesproeiings- opsies kan jy presies volgens die behoefte van jou gewasse bepaal hoeveel water, wanneer en waar toegedien moet word. Dit is ideaal vir boorde, wingerde, tonnels en selfs oopland groente. Die pype en druppers word ingevoer van Turkye en voldoen aan internasionale ISO 9261-gehaltestandaarde.

Die plat pype is beskikbaar in deursnitte van 16, 20, 22 en 25 mm, met wanddiktes van 0,15 tot 0,60 mm en vloeitempo’s wat wissel van 1,2 tot 3,2 liter per uur teen 1 bar druk. Die groot voordeel van die plat pype is dat dit klein opgerol kan word en maklik hanteer. Dit is ideaal vir gebruik in tonnels. Rolle van 500 m lank van die dunwand pyp tot op 0,3 mm is beskikbaar.

Daar is ook ronde pype beskikbaar in 16 en 20 mm met wanddiktes van 0,75 tot 1,2 mm, met vloeitempo’s van 2 tot 4 liter per uur teen 1 bar druk. Die dikker wande maak dit meer geskik vir ooplandgebruik.

Ovaal pype is ’n nuwe produk wat die voordele van plat en ronde pype kombineer. Die pyp rol klein op soos plat pype met druppers in een kant, maar die wande is aansienlik dikker (0,6 tot 1,1 mm), wat dit ook geskik maak vir buitegebruik. Wanneer die water deurvloei word dit rond. Jy kan van 1,2 tot 3,2 liter per uur toedien teen 1 bar druk.

Ovaal pype

Kruipspuite

Spesiale bekendstellingsprys: R60 000! (BTW ingesluit)

Boere moet maar die naam, Irriforce, neerskryf en onthou. Die reeks ekonomiese kruipspuite gaan nog hulle pad ooploop op baie plase. Van grasperke tot graanlande kan doeltreffend besproei word met die reeks selflopers.

Die TD2500-model met ’n spuitbaan van 200 meter lank is spesiaal op versoek van Afriq Water vir Suid-Afrikaanse boere ontwikkel.

Só werk dit

–  Die spuitkarretjie word aan die een kant van ’n 200 meter lange/wye land geplaas.

–  ’n Kabel word uitgetrek en aan die ander kant van die land geanker.

–  Die waterpyp van 100 meter lank word afgerol tot die middel van die land waar die hoofpyp met watertoevoerkraan is.

–  Die waterdruk (minimum 4 bar) draai ’n turbine (uniek vir die grootte kruipspuit) in die karretjie wat hom aandryf deur die kabel op te rol teen ’n spoed wat gestel kan word van 9 tot 50 meter/uur, afhangend van hoeveel water jy wil toedien.

– Die JET50 klapspuit op die karretjie kan ’n strook van 50 tot 75 meter wyd doeltreffend benat. Die spuit kan ook met vele ander spuite vervang word om meer opsies te bied.

Afriq Water se kundiges kan jou bystaan met die beste besproeiingsplan vir jou plaas. Stuur n e-pos na support@afriqwater.co.za, besoek www.afriqwater.co.za of stuur n WhatsApp-boodskap na 082-454-7880.

What do you think?

-9 points
Upvote Downvote

Total votes: 13

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 15.384615%

Downvotes: 11

Downvotes percentage: 84.615385%

Voorlopige oppervlakteskatting vir somer- en wintergewasse

akwaponika

Kan akwaponika vir my werk?