in

Bek-en-klou: Nie nodig vir paniek nie

Guillau du Toit

This post is also available in: Afrikaans

Nasionale voorsitter van die NWKV, Guillau du Toit, sê gegewe die situasie met Bek-en-klou uitbraak in die Limpopo provinsie van SA, word boere gemaan om nie paniekerig te raak nie.

Die probleem is kleiner as die van 2011 uitbraak in KZN aangesien die uitbraak nog verder van wolproduserende gebiede gediagnoseer is as destyds. Daar is nie ‘n oorskot van wol nie en die aanvraag is steeds goed. Suid-Afrikaanse boere produseer uitstekende gehalte wol.

Hoewel daar op die stadium twyfel is oor die verhandeling van wol met Sjina, koop Europa wel.

Die bedryf doen alles in sy vermoë om die situasie te beredder en word op die hoogste vlak aangespreek. “Ons maan boere om steeds Australië se markaanwyser te gebruik en oordeelkundige reserwes op hulle wol te plaas”, sê Du Toit.

Bron: NWKV

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Ontdek 18 ervarings by die 18de SA Kaasfees

Bad news for SA chicken as imports hit new high