in

Bayer voltooi oorname van Monsanto

Monsanto

This post is also available in: Afrikaans

Kobus Steenekamp, Kommersiële bestuurder Monsanto SA, het die volgende brief van Monsanto uitgereik in verband met die kooptransaksie tussen Bayer en Monsanto:

Dit is vir my ‘n voorreg om u mee te deel dat Bayer pas die Monsanto-kooptransaksie voltooi het. Die afsluiting van hierdie proses is ‘n belangrike mylpaal in ons visie vir die daarstel van ‘n toonaangewende landboumaatskappy wat produsente wil ondersteun om meer produktief, winsgewend en volhoubaar te boer tot voordeel van ons planeet en die verbruiker.

Een van die voorwaardes van die Verenigde State se Departement van Justisie vir die goedkeuring van die transaksie was egter dat Monsanto vir ‘n interim periode steeds onafhanklik van Bayer sal voortgaan met sy daaglikse aktiwiteite totdat Bayer sekere van sy besighede suksesvol aan BASF verkoop het.

In hierdie tyd, sal Monsanto normaal met sy werksaamhede aangaan en sal ons voortgaan om die uitstekende diens wat u van ons verwag, te lewer. Daar sal ook geen verandering wees in die handelsmerk- of produkaanbiedings nie. Ek is beskikbaar om enige navrae in die verband te beantwoord en beloof om u op hoogte van die sake te hou soos wat die proses vorder. Indien u enige vrae het wat betrekking het op Bayer, stel ons voor dat u, u navrae aan Bayer rig.

Sodra die transaksies tussen Bayer en BASF afgehandel is, sal ons voortgaan met die Monsanto integrasie in Bayer. Bayer verwag dat hierdie proses sowat twee maande sal neem. Ek sien uit daarna om van tyd tot tyd na u uit te reik namate die proses vorder.

Ek wil beklemtoon dat ons verbind bly tot u sukses en alles in ons vermoë sal doen om seker te maak dat u die proses positief ervaar. U is welkom om ons te kontak as daar enige onsekerheid is.

Ek wil afsluit deur u weer te bedank vir u waardevolle vennootskap met Monsanto en wens u alle sukses toe vir die komende seisoen. Ons sien uit daarna om steeds met u besigheid te doen.

Bron: Monsanto

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Build your own electricity connection to the power grid

gun

SA Hunters will continue discussions with SAPS for pragmatic approach to firearm legislation