in

BASF se Orvego speel klaar met skadelike swamme

Die lewe gaan baie moeilik raak vir die twee swamme, laatroes op aartappels en donsskimmel op druiwe, sodra BASF se nuwe Orvego® volstoom op plase gebruik gaan word. Daarbenewens bied BASF se nuwe produk ook uitstekende inwendige beskerming teen die aansteeklike stadiums van Oömycota. Orvego® is ‘n slim nuwe swamdoder wat uit twee aktiewe bestanddele bestaan wat dus ’n dubbele skop lewer.

Die twee aktiewe bestanddele in BASF se kragtige produkkombinasie is Initium®, ‘n nuwe aktiewe bestanddeel, en Dimethomorf, BASF se belangrikste plaaslike sistemiese swamdoder. Boere kan nou reken op deurlopende, verhoogte opbrengste en die bevordering van die kwaliteit van hulle produkte.

Orvego® is gerieflik en maklik om te gebruik. Kort voor-oes-toedieningsintervalle laat boere toe om dit nader aan die oes toe te dien en die rewolusionêre vloeibare formulasie maak toediening ook vinnig en maklik.

Die produk is uitstekend vir weerstandbestuur. Sy nuwe chemiese eienskappe maak dit ‘n ideale hulpmiddel sodat patogene nie weerstand teen die swamdoders kan ontwikkel nie en daar is geen rede tot kommer vir kruis-weerstand nie.

Orvego® spog met ‘n baie gunstige toksikologiese en Eko-toksikologiese profiel. Dit maak die gebruik daarvan vir gebruikers en verbruikers veilig terwyl die residu’s tot ’n minimum beperk word.

Die produk is wêreldwyd geregistreer en toestemming vir invoere is reeds verkry. Die Europese Uniese MRL’s (Maximum Residue Levels) is reeds vir beide aktiewe bestanddele gestel. Residu-data toon dat residu’s aansienlik laer as die wêreldperke sal wees indien dit gebruik word soos aanbeveel in Suid-Afrika.

Orvego® word gereken as ’n uitsonderlike voorkomende buffer met ’n uitstaande reënvastheid wat beskerming bied op die blare van druiwe, selfs onder nat toestande. In vogtoestande soos dou strek die beskerming tot sover as in die groeinodusse. Orvego sal binne een uur deur die waslaag opgeneem  word om reënbestandheid te verseker.

Hoewel BASF die grootste gedeelte van sy navorsing en ontwikkelingsbegroting op  gewasbeskerming spandeer, verg dit meer as uitstaande chemikalieë om kliënteprestasie te verseker. Dit vereis nougesette samewerking tussen ‘n netwerk kundiges wat strek van die laboratorium tot in die veld.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Inligtingskat by lesingsdag vir Zimbabiese beesboere

Bespaar tyd en geld, en wen gehalte