in

Balfour se hooidag groei geil

Balfour hooidag

This post is also available in: Afrikaans

Vinnige, gesonde groei kenmerk die belangstelling in Balfour Boerevereniging se jaarlikse hooidag. Vyf jaar gelede het ’n skamele 35 mense opgedaag vir die eerste Hooidag wat nou jaarliks op PJ Kriek en Seuns se plaas tussen Balfour en Devon gehou word.

“Buiten die uitstallers het daar vandag 450 mense deur die hekke gekom,” sê Gert Kriek, Hooidag-voorsitter en ondervoorsitter van Balfour Boerevereniging. Die tak funksioneer onder die vaandel van TLU SA en bestaan uit ongeveer 60 lede.

Die afgelope droogte het weer bewys watter waardevolle bate goeie hooi is en die Hooidag is daar om boere en verskaffers van hooimaaktoerusting bymekaar te bring sodat die boer al die opsies in aksie kan sien om sy eie hooi-produksie te verbeter. Die Hooidag is ook een van die Boerevereniging se belangrikste fondsinsamelingsgeleenthede.

CLAAS

CLAAS
CLAAS se Jaguar 870-kuilvoerkerwer sny en kerf die nat gras in fyn stukkies op om kuilvoer te maak. Die ouboet van die CLAAS-trekkerreeks, die Xerion 5 000, sleep die kuilvoerwa.

MASSEY FERGUSON

Massey Ferguson
Massey Ferguson se driepuntgemonteerde DM408TL 8-skyfsnyer is 4 meter wyd en word deur die 6712-model met 91 kW en ’n wringkraglewering van 490 Nm teen 1 500 opm getrek.

VALTRAC

VALTRAC
Die 58 kW Valtra A73-toekajuit sleep met gemak die Pöttinger Top 422 wat die gesnyde gras mooi in ’n windry hark om droog te word. Die enkeltol is 3,3 meter wyd en het ’n werkswydte van 4,2 meter.

ROVIC LEERS

ROVIC LEERS
Rovic Leers demonstreer hulle Kuhn Mfg-baalplaser (accumulator) wat heeltemal meganies werk terwyl dit agter ’n blokkiesbaler gesleep word. ’n Mens kan heeldag staan ek kyk hoe vernuftig hierdie nuttige masjien werk.

JOHN DEERE

John Deere
Tydens Balfour se Hooidag het John Deere se vloot trekkers hulle staal en krag deeglik getoon.

Hooffoto:  Die manne aan die stuur van sake by Balfour se Hooidag was Derick Kuűn, organiseerder; Gert Kriek, Hooidagvoorsitter; Wouter Nel, voorsitter van Balfour Boerevereniging en Carel Kriek, organiseerder.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

kuilvoer

Kuilvoer: Beheer die proses om gehalte te behou

Rovic leers

Rovic Leers wys hulle staal by Balfour se Hooidag