in

Astral en Cargill samel R200 000 vir kankerbestryding in

Die tweede Cancer.vive Golf Classic is deur Astral Foods, die bekende pluimveemaatskappy, en Cargill, een van die wêreld se grootste organisasies in private besit, aangebied. Meer as R200 000 is vir kanker-verwante sake ingesamel.

Die gholfdag is op 26 Mei 2016 by die Els Club Copperleaf gehou. Astral en Cargill het R100 000 vir Cancer.vive ingesamel en het beloftes van R107 000 vanaf ander organisasies en indiwidue ontvang.

Wenners van die toernooi het ‘n kontantskenking ontvang wat hulle vir ‘n kanker-verwante saak van hulle keuse kon gee. Die wenners was Vea Road Maintenance en Civils, Pride Milling en Nutri Feeds.

“Ons is in ons skik met die sukses van die tweede toernooi en vir die vrygewige skenkings aan hierdie eerbare saak. Ons het ons teiken verbygesteek deur R100 000 vir Cancer.vive in te samel,” sê Chris Schutte, besturende direkteur van Astral Foods.

“As deel van ons oorhoofse korporatiewe maatskaplike belegging sien Astral daarna uit om kanker-verwante sake in die toekoms te ondersteun,” sê hy.

Volgens Brendan De Boer, hoof van Cargill in Sub Sahara Afrika, is die organisasie trots om ‘n mede-borg van Cancer.vive Golf Classic te wees. “As deel van ons toewyding om die wêreld te voed in ‘n verantwoordelike manier en om te help om die gemeenskap te verbeter waar ons werk en bly, gee die borgskap ons die geleentheid om ons verbintenis op ‘n mooi manier te wys.”

Andy Crocker, besturende direkteur van Meadow Feeds sê deur deelname in die Cancer.vive Golf Classic het kliënte en verskaffers bygedra om bewustheid van kanker te skep en om mense oor die simptome van kanker bewus te maak.

120 spelers het die jaar aan die toernooi deelgeneem.

Janie du Plessis, besturende direkteur van Cancer.vive het Astral en Cargill bedank vir die suksesvolle geleentheid.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

The role of licks in animal production: Protein is important in winter

BRAZseed grows in Southern Africa