in

Aquadam: Staaltenks en plaasdamme vir die boer

Waterbeperkings is sleg vir die hele landbougemeenskap, want dit beperk boere se inkomste en bydrae tot die ekonomie. Aquadam bied daarom vir boere die beste moontlike staaltenks en betondamme vir hulle plase aan.      
“Die benutting van water en die voorsiening van genoegsame water aan boere op hulle plase vir landboudoeleindes, vee en besproeiing lê ons na aan die hart. Ons is toegewy aan ons kliënte om die beste diens te verskaf en die beste moontlike oplossing te bied,” sê Ronald van Lochem, hoof- uitvoerende beampte van Aquadam.

Aquadam se bekwame span beskik oor meer as 65 jaar se ondervinding in die ontwerp en vervaardiging van wateropbergingstrukture. “Ons fokus op top gehalte damme, tenks en groot opgaartenks wat met ons uitstekende pryse bekostigbaar is,” sê Ronald.

“Aquadam is een van die min maatskappye in Suid-Afrika wat so ‘n groot verskeidenheid staaltenks en betondamme ontwerp en vervaardig. Dit maak dit vir ons moontlik om die regte raad met die perfekte oplossing aan ons kliënte te bied. ‘n Pluspunt is ons wye verskeidenheid produkte, want by Aquadam voorsien ons tenks van enige moontlike grootte.”

Alle produkte word doelgerig ontwerp en plaaslik vervaardig vir die boere. Boere kan onmiddellik onderdele soos voe-rings, inlaat- en uitlaatpype by Aquadam kry vir die herstel van hulle damme, asook materiaal soos sand, sement en staal vir betondamme. 

Aquadam glo dat plaaslike verkryging, ontwerp en produksie voordelig is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en vir ons boere.

   Die Gunite-dam en Smart-tenk is ideaal vir:

  • Bemestingtenks vir die vervaardiging van natuurlike kunsmis,
  • berging van drinkwater vir diere en huishoudelike gebruik,
  • die opvang van reënwater vir besproeiing van gewasse en landerye,
  • visplase vir kommersiële visboerderye en ander akwakultuur,
  • sowel as die berging van genoegsame water vanaf boorgate in tye van nood tydens watertekorte en droogtes.

Kontak Willem Noordman by 012-810-0940 of stuur ‘n e-pos na sales3@aquadam.co.za

aquadam 194 (2)

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Ocmis-spuite red oes in die droogte

Tipes wangedrag in die werksplek