in

Agriplas put groei uit elke drupel

Water word al skaarser en duurder en dit raak al hoe belangriker dat elke druppel water wat ’n boer gebruik, doeltreffend aangewend word, sonder vermorsing. Gelukkig geniet Suid-Afrikaanse boere die voordeel van wêreldklas besproeiingstegnologie wat deur maatskappye soos Agriplas in Kaapstad voorsien word.

As dit van Agriplas afhang, sal voedselsekerheid in Suid-Afrika nooit ’n probleem wees nie. Hulle aanleg in Brackenfell, Kaapstad, het onlangs ’n besproeiingspypvervaardigingslyn uit Israel bekom om in die groeiende aanvraag na presisiebesproeiing te voldoen. Agriplas kan boere help om meer te produseer met minder water. Die splinternuwe 40 meter-lange pypvervaardigingsaanleg is ten volle geoutomatiseer en kan meer as 5 kilometer pyp per uur vervaardig.

Agriplas is al langer as 40 jaar besig om gehalte besproeiingstoerusting te vervaardig en te versprei. Hulle voorsien ook aan kleinhandelaars ’n hele reeks besproeiingsbenodigdhede, van pompe tot sprinkelaars en van eenvoudige tot die mees gevorderde outomatiseringstelsels.

Die jongste neiging in die drupbesproeiingsbedryf is om pype te vervaardig wat kan platdruk sodat dit baie minder plek hoef op te neem tydens vervoer. Die druppers is plat skyfies wat aan die binnewand van die pyp vasgeplak word. Dit dra by tot die spoed van vervaardiging.

Die druppers self is ook ’n toonbeeld van tegnologie. Die plat skyfie het gleufies in waardeur die water spoel om seker te maak dat dit eweredig en teen die regte druk by elke gaatjie uitkom.

Agriplas is die enigste maatskappy wat silindriese en plat drupperpype plaaslik vervaardig. Die vervaardigingsproses is ook ten volle geoutomatiseer met die nuwe pypaanleg.

“Die nuwe produksie-aanleg is so modern dat ek by my huis agter my rekenaar kan sit en toegang het tot al die moontlike inligting soos die voorraadvlakke van die grondstowwe, die trektoetse wat op die pyp gedoen word of hoeveel voorraad daar al gereed lê vir verskeping,” sê Trevor Myburgh, produksiebestuurder, Agriplas.

Laat jou water vir jou werk. Vra vir Agriplas se toerusting by jou naaste besproeiingshandelaar of besoek www.agriplas.co.za vir meer inligting.

Die nuwe pypvervaardi-gingsaanleg by Agriplas werk blitsig en is ten volle outomaties.
Die nuwe pypvervaardigingsaanleg by Agriplas werk blitsig en is ten volle outomaties.
Die pyp word eers platgedruk voor elke 500 m afgeknip word en opgerol word vir vervoer.
Die pyp word eers platgedruk voor elke 500 m afgeknip word en opgerol word vir vervoer.
Die stelsel kyk eers presies waar die drupper in die binnewand van die pyp is voor dit die sein na die gaatjieponser deurgee wat die gaatjie maak en daarna ’n foto van elke pons-aksie neem vir latere verwysing.
Die stelsel kyk eers presies waar die drupper in die binnewand van die pyp is voor dit die sein na die gaatjieponser deurgee wat die gaatjie maak en daarna ’n foto van elke pons-aksie neem vir latere verwysing.

Trevor Myburgh (regs) is Agriplas se produksiebestuurder en Renaldo Hendrikse (links) gaan binnekort by hom oorneem om die boere van Suid-Afrika van broodnodige besproeiingspyp te voorsien.
Trevor Myburgh (regs) is Agriplas se produksiebestuurder en Renaldo Hendrikse (links) gaan binnekort by hom oorneem om die boere van Suid-Afrika van broodnodige besproeiingspyp te voorsien.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Senter 360 maak besproeiing se pad oop in die Karoo