in

Agrico wil meganisasie-afdeling aan AFGRI verkoop

AGRICO (Edms) Bpk het die beplande verkoop van sy meganisasie-afdeling, insluitende sy John Deere- en ander invoeragentskappe, aangekondig. AFGRI Equipment (Edms) Bpk het gekontrakteer om die grootste deel van die onderneming te koop, onderhewig aan regulatoriese goedkeurings. Agrico is van voorneme om die res van die afdeling aan ander meganisasiehandelaars te verkoop.

AFGRI Equipment, ‘n leier in diverse landboudienste en toerusting vir presisieboerdery, sal sy taknetwerk uitbrei met die transaksie. Hy sal kontinuïteit van diens verseker en sy bestaande finansiële oplossings asook insette bied aan klante.

AGRICO sal sy fokus op sy waterverwante sake en eie-vervaardigde produkte verskerp. Hy sal sy teenwoordigheid in sy huidige bedieningsarea handhaaf en uitbrei na die res van Afrika. Agrico behou meer as 800 van sy 990 werknemers en sal voortgaan om te belê in sy Suid Afrikaanse vervaardigings- en verspreidingsinfrastruktuur. 

Alfred Andrag, operasionele- en bemarkingsdirekteur, sê: “Ons het verskeie geleenthede geïdentifiseer, waaraan ons werk. Hou gerus die nuus in die afsienbare toekoms dop.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

AGFACTS se APRIL NUUSBRIEF: Die jongste oor Landboumasjinerie se verkope

Hoë temperature lewer goeie gehalte sitrus