in ,

Agrico maak kleinveeboerdery ‘n groot sukses

This post is also available in: Afrikaans

Dit is ՚n algemene wanopvatting dat spilpuntbesproeiing te duur is vir kleinskaalse veeboere. Sommige boere glo dat graan op groot plase geplant moet word om die kapitaalbeleggings en lopende koste van ՚n spilpuntbesproeiingstelsel te regverdig. Agrico bewys egter dat dit glad nie die geval is nie.

Johan Rossouw, ՚n skaap- en bokboer van Heidelberg, net suid van Johannesburg, bied die perfekte voorbeeld van hoe kleinskaalse veeboerdery nie net besproeiing kan bekostig nie, maar ook daarby kan baat vind. In 2017 het Johan ՚n agt-hektaar Agrico-spilpunt op sy plaas opgerig. Die spilpunt bestaan uit twee torings en ՚n 18-meter oorhang. Dit word gebruik om ՚n mengsel van rog en raaigras regdeur die jaar te besproei.

Johan verdeel die agt hektaar in verskeie kampe waarin 100 bokke en 100
skape wei. “Met die voermengsel onder besproeiing, moet ek die heinings soms afhaal en my beeste instuur om te verseker dat die weiding kort genoeg bly vir die skape en bokke om behoorlik te kan wei,” sê Johan.

Die verskil wat die spilpunt aan sy boerdery gemaak het, is merkwaardig. “Die gemiddelde gewig van die skape en bokke wat na die slagpale gestuur
word, het toegeneem van 16 kg op droë weiding tot 37 kg met die besproeiingsweiding,” sê Johan. Dit maak die boerdery baie meer winsgewend, en die spilpunt betaal elke sent van die uitlegkoste terug.

“Die feit dat jy deur die jaar toegang tot voer van goeie gehalte het, beteken dat jy nie duur bale hoef te koop nie – veral gedurende die wintermaande
wanneer natuurlike plantegroei skaars is en die prys van bale dramaties toeneem,” voeg Johan by.

՚n Agrico-agent het Johan jare gelede aan die gedagte bekendgestel om ՚n spilpunt op sy plaas op te rig. Hy was aanvanklik huiwerig weens die feit dat dit ՚n aansienlike belegging was. Maar drie jaar later sê hy: “Dit is die beste besluit wat ek vir my plaas kon gemaak het.”

Omdat ՚n spilpuntbesproeiingstelsel ՚n beduidende belegging is, is dit belangrik dat die aangeskafde spilpunt van hoë gehalte is om duur instandhouding en hoë lopende koste te vermy. Johan is beslis beïndruk met die gehalte en naverkopediens wat Agrico bied.

Johan verduidelik hoe eenvoudig dit is om die spilpunt te versien. “Ek maak seker dat die ratkaste genoeg olie het en dat die toring gesmeer bly, maar afgesien daarvan is daar geen groot instandhoudingswerk nodig nie seker dat die wiele op die regte banddruk is en dat daar nie verstoppings in die sproeiers is nie. Jy kan sien of iets verkeerd is deur bloot na jou spilpunt te kyk terwyl hy aan die werk is.”

Die Agrico-span naaste aan Johan is in Nigel. Burtie van der Westhuizen van die Agrico-tak in Nigel is altyd beskikbaar wanneer Johan hom nodig het. “Wat ek die meeste van Burtie en sy span waardeer, is dat ek nooit hoef te wag om van hulle te hoor nie. Met die vinnige en akkurate terugvoer wat hulle verskaf, stel hulle my in staat om beter bestuursbesluite vir my plaas te neem,” sê Johan.

Om uit te vind hoe jou vee by ‘n Agrico-spilpunt kan baat vind, kontak Agrico by +27(0)83-55-5423 of +27(0)21-950-4111. Stuur ‘n e-pos na sales@agrico.co.za, of besoek die webwerf www.agrico.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Laat Stafix jou help om veilig te leef en te werk

Spesiaal vir groente- en vrugteboere: Sakpro maak die sak om jou produk te pas