in

Agri SA verwelkom vinnige optrede oor die herfs-kommandowurm

herfs-kommandowurm

Die herfs-kommandowurm is amptelik in SA volgens ‘n verslag deur die LNR. Hulle het monsters in Limpopo en Gauteng gekry en kon daarvolgens bevestig dat dit wel die herfs-kommandowurm is.

Die minister van Landbou, Senzani Zokwana, het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê die omvang van die probleem is nog nie bekend nie. Hy het ‘n beroep op boere gedoen om die voorkoms van die wurms aan te meld. Die Departement is ook saam met die LNR en ander instansies soos Graan SA besig om ‘n opname oor die voorkoms te doen.

Johannes Möller, president van Agri SA, is bly dat die Departement van Landbou reeds opgetree het en met rolspelers van verskeie bedrywe gesels het om ‘n plan van aksie te beraam. ‘n Tussentydse beheerprogram is reeds op Vrydag 27 Januarie 2017 bekendgestel. Volg dié skakel na die beheerprogram: http://www.grainsa.co.za/upload/Interim%20pest%20guide.pdf

Agri SA het ook boere versoek om nie chemikalieë te gebruik sonder om hulle gifagent te raadpleeg nie. Die Departement van Landbou het ‘n dringende registrasieproses begin vir landbouchemikalieë wat teen die pes gebruik kan word. Gewone teenwurmmiddels behoort doeltreffend te wees.

Die pes val meestal mielies aan, maar kan ook voorkom op katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone. Daarom is dit ook belangrik om ander gewasse dop te hou. Die voorkoms was tot dusver beperk tot suikermielies en saadmielie-aanplantings.

Johannes bedank Graan SA en ander rolspelers wat die situasie monitor.  Hy sê ook na die droogte in 2016 moet alles gedoen word om ‘n verdere finansiële knou te verhoed.

Boere kan Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou by 072-348-8431 of 012-319-6384 skakel, of stuur vir hom ‘n e-pos na janhendrikv@daff.gov.za.

Lees ons vorige artikel oor die wurm hier.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

grappe

Dom Boer se lag vir die dag:

hoenders

RCL se hoenderbeen staan voor groot krisis