in

Agri SA stel nuwe kommersiële maatskappy bekend

This post is also available in: Afrikaans

In 2015 het Agri SA die uitvoerende bestuur van Agri SA onder leiding van mnr Omri van Zyl opdrag gegee om ‘n nuwe maatskappy genaamd Agri SA Enterprises (Edms) Bpk op die been te bring. Dienste is gefokus op die voedselwaardeketting en word aan ‘n wye spektrum kliënte gelewer.

Dit sluit onder andere die betrokkenheid, ondersoek, vestiging en befondsing van kommersiële landbouvennootskappe in. Agri SA Enterprises (Edms) Bpk bestaan uit hoogs ervare en gekwalifiseerde kundigheid wat baie blootstelling en ‘n deeglike begrip het van die finansiële, produksie, logistieke, operasionele en kontekstuele dimensies van kommersiële vennootskappe en ander ondernemings in die kommersiële landbousektor.

Gegewe die eksponensiële groei van Agri SA Enterprises (Edms) Bpk, het die behoefte vir ‘n voltydse uitvoerende hoof met ‘n eie direksie ontstaan. Die Raad van Agri SA het daarom besluit om mnr Omri van Zyl, die uitvoerende hoof van Agri SA vir die afgelope 5 jaar, as die nuwe uitvoerende hoof van Agri SA Enterprises (Edms) Bpk. aan te stel. Hy sal direk aan die direksie van Agri SA Enterprises (Edms) Bpk verslag doen. Agri SA is die 100% aandeelhouer van Agri SA Enterprises (Edms) Bpk. Mnr Omri van Zyl is ‘n gekwalifiseerde prokureur met ‘n BA-regte en LLB graad.

Hy het ook kwalifikasies in projekbestuur en sake-ontwikkeling en ‘n Meestersgraad in Bedryfsadministrasie (MBA) wat hy aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, en het bewese ervaring van kommersiële ondernemings en blootstelling aan die breër kommersiële landbounetwerk. Agri SA sal voortgaan om op beleidsnavorsing, analise en voorspraak te fokus. Die werksaamhede word deur verskillende sentrums van uitnemendheid bedryf wat op landelike veiligheid, grond, natuurlike hulpbronne, ekonomie en handel, arbeid en ontwikkeling en rampbestuur fokus.

Hierdie sentrums vir uitnemendheid bestaan uit professionele en ervare beleidskenners wat op hul beurt ‘n verskeidenheid dienste lewer aan die provinsiale, kommoditeits- en korporatiewe kamers wat by Agri SA geaffilieer is. Die Raad van Agri SA het besluit om Christo van der Rheede as die uitvoerende direkteur van Agri SA aan te stel.

Hy was die afgelope vyf jaar die adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA en het ‘n BA, HonsB in Openbare Beleid en Administrasie (HonsBPA) en ‘n Meestersgraad in Openbare Beleid en Administrasie (MPA) wat hy aan die Universiteit van Stellenbosch se Skool vir Openbare Leierskap verwerf het.

Die Raad wens beide mnre Omri van Zyl en Christo van der Rheede alles van die beste vir die taak voorhande toe en vertrou dat beide Agri SA en Agri SA Enterprises (Edms) Bpk. van krag tot krag onder hul leiding sal gaan.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ford

Ford Everest 2.0 Bi-turbo 4×4 XLT: Beter as die res

Nog makliker besproeiing vir die boer: Besproei akkurater met Agrico se GPS-webbeheer