in

Agri SA sê dankie vir droogtehulp aan die landbougemeenskap van SA

Hay bails and silage storage

Agri SA wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes tot die Agri SA Droogtefonds. Skenkings ter waarde van R16-miljoen is tot dusver ontvang waarvan R15 500 001 aan provinsies wat die hardste deur die droogte geraak is, beskikbaar gestel is.

Provinsies is as volg ondersteun:

– Noordwes: R3 639 474

– Vrystaat: R3 439 474

– Limpopo: R407 895

– KZN: R505 263

– Wes-Kaap: R2 500 000

– Gauteng: R450 000

– Noord-Kaap: R3 668 421

– Oos-Kaap: R889 474

Provinsies soos Limpopo en Mpumalanga word nou ook negatief deur die droogte geraak en Agri SA is in proses om hierdie provinsies met addisionele fondse by te staan.

Provinsiale bestuurders, kantoorpersoneel en plaaslike landbouverenigings wat behulpsaam was met die verspreiding van voer en ander vorme van humanitêre hulp aan boere en plaaswerkergemeenskappe, word bedank.

– Aantal kommersiële boere gehelp: 12 921

– Aantal opkomende boere gehelp: 4 000

Alle droogtehulp en die aanwending daarvan word onderwerp aan ‘n omvattende oudit en ‘n volledige ouditverslag.

“Aan alle skenkers van kontant, voer, humanitêre hulp soos meel, water en kospakkies en diegene wat vervoertrokke beskikbaar gestel het, julle is die ware helde. Dit het ons in staat gestel om elke R1 effektief te benut om sowat R5, en in sekere gevalle tot sowat R8, se verdere waarde te ontsluit,” het Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, wat die projek oorsien, gesê.

Vir verdere skenkings gaan na http://droogterampfonds.co.za/ of kontak Agri SA.

 

Uitgereik deur Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Mitsubishi se toekomstige sportnuts-ontwerp in die kollig by Paryse Motorskou

Dom Boer se wrange lag vir die dag: