in

Agri Mega Week 2018

Die bestuur van die Mega Groep van Maatskappye het kennis geneem van verwarrende inligting wat tans aan sy kliëntebasis deurgegee word.

Die amptelike nuwe perseel vir Agri Mega Week 2018 is  bevestig naamlik Môreson Mega Park, 30 km buite Durbanville in die Kaapse Metropool langs die N7 hoofroete. Die Agri Mega Week (‘n geregistreerde handelsmerk van die Mega Groep) vind plaas gedurende sy vaste tydgleuf wat jaarliks in September plaasvind en in 2018 vanaf Woensdag 12  tot Saterdag 15 September. Navrae in hierdie verband kan gerig word aan Lize Kotze by 021-863-1803.

Besprekings vir 2018 vind reeds plaas en uitstaller kliënte word aangemoedig om betyds hulle aansoeke vir uitstalruimtes in te dien om sodoende te verseker van ideale uitstal areas volgens hulle behoeftes. Lize wag op u oproepe in hierdie verband.

Intussen word daar verneem dat ‘n paar besorgde kommersiële boere van Bredasdorp ‘n nuwe maatskappy gestig het, naamlik Bredasdorp Mega Park NPC. Die nuwe maatskappy huur tans die Mega Park op Bredasdorp van Overberg Agri. Verder word verneem dat die nuwe maatskappy besig is om ‘n kantoor op Mega Park, Bredasdorp te vestig om ‘n algemene ekspo in September 2018 aan te bied.

Die Mega Groep het baie begrip vir besorgde inwoners van Bredasdorp omdat die bekende en gewilde Agri Mega Week vanaf 2018 in die Kaapse Metropool aangebied word. Sedert Agri Mega Week se groeijare tot op die vlak waar dit hierdie jaar in Bredsdorp aangebied was, het die plaaslike ekonomie van Bredasdorp en omliggend groot baat daaruit gevind en sal die verskuiwing inderdaad ‘n terugslag vir die omgewing wees.

Agri Mega Week se verskuiwing na Môreson Mega Park langs die N7 gaan egter gepaard met deeglike oorwegings waarvan ekonomiese oorwegings vir kliënte die belangrikste was. Jaarliks maak uitstaller kliënte groot finansiële opofferings om optimale bemarking uit ‘n ekspo soos Agri Mega Week te bewerkstellig en kan die wense van uitstallers nie langer ignoreer word nie. Die verskuiwing van Agri Mega Week is dus sterk gegrond op die volhoubaarheid van deelname van uitstaller kliënte.

Agri Mega Week het reeds oor jare sy eie netwerk ontwikkel en het verseker dat daar aptyt vir verandering is om vertroue by kliënte in te boesem! Verder dra sy internasionale akkreditasie, veral met ander ekspo’s in die wêreld by tot sy doeltreffendheid en aanpasbaarheid. In hierdie verband is daar uitruil ooreenkomste met byvoorbeeld, Agro Activa (Argentinië) en SIMA (Parys, Frankryk). Sedert Agri Mega Week ontwikkel het tot ‘n internasionale platform het verskeie uitstaller kliënte en die afgelope drie jaar substansiële transaksies met internasionale kliënte by die ekspo gedoen.

Die internasionale status van Agri Mega Week bring dus nuwe kriteria na vore waaraan sy bestuur gehoor moes gegee en aangepas het ter wille van sy kliënte.  Kriteria soos bereikbaarheid, toegang, beskikbaarheid en standaard van akkommodasie,  afstand van lughawens en seehawens;  logistieke ondersteuning,  ens.  was onder andere van belang.

Agri Mega Week se nuwe ligging binne 30 km van stedelike infrastruktuur en 50 km van die Kaapstad Internasionale Lughawe, maak hierdie ekspo ‘n besliste wenner wat voortbou op sy suksesse.  Hiermee saam beskik Agri Mega Week oor ‘n bekwame operasionele span onder leiding van Pikkie Louw wie ook reeds internasionale ekspo ervaring het.

Die ekspo is oop vir verandering wat lei tot volhoubaarheid tot voordeel van sy kliënte en besoekers.

Skakel gerus vir Lize of Coenie by 021-863-1803 en maak seker u belê u bemarkingsbegroting reg vir optimale prestasie van u besigheid/organisasie. Besoek ons webtuiste by www.mega-events.co.za of ons Facebookblad- is mega events en twitter- @megagrpevents.

Uitgereik deur Mega Media & Marketing

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 6

Upvotes: 3

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 3

Downvotes percentage: 50.000000%

Wees veilig op die paaie hierdie feesseisoen

Die verbruiker gaan meer vir eiers die Feesseisoen betaal