in

AGFACTS-nuusbrief: Koring het potensiaal

Soos ons in die wintermaande inbeweeg het, is dit belangrik om na die vooruitsigte van die 2016 winter gewasproduksie-seisoen naamlik koring te kyk, sê AGFACTS se nuusbrief.

Hulle sonder die volgende uit:

  • Gedurende die 1960’s was die area waarop koring geplant is se gemiddeld ongeveer 1,4 miljoen hektaar.
  • Gedurende die volgende twee dekades in 1970 en 1980 was die area met koring beplant by 1,9 miljoen hektaar.
  • In die middel van die 1990’s het dit geval na 1,3 miljoen hektaar en sedertdien het dit aanhou val tot 0,50 miljoen hektare.

Daar is wel ‘n opbrengsverhoging oor die afgelope 50 jaar van 0,79 t/ha (1966 – 1975), na 1,06 t/ha (1976 – 1985), tot 1,53 t/ha (1986 – 1995) en tot 2,30 t/ha (1996 – 2005), en die koringopbrengs oor die afgelope tien jaar van (2006 – 2015) is 3,14 t/ha.

Dus is die aantal boere wat koring aanplant baie minder, maar die opbrengste daarvan het verhoog.

Koringproduksie het meer potensiaal as vroeër met betrekking tot grond en weersomstandighede en daar was baie groei in kultivarkeuses.

Kyk na die grafieke en lees die hele AGFACTS nuusbrief hier: Junie AGFACTS nuusbrief

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Maties se Landbou-kursus kry ‘n moderne baadjie

Dom Boer se lag vir die dag: