in

AFGRI Meganisasie het rede om te spog.

So nou en dan is dit nodig om bietjie uit te haal en te wys en jou spoggerige, blink toerusting met die nodige swier aan jou kliënte te vertoon. AFGRI Meganisasie, wat die verspreider van John Deere, Lemken, Rovic Leers en Falcon se trekkers en werktuie in die sentrale streek van Suid-Afrika is, doen dit so elke drie jaar. Vanjaar was dit dit weer sulke tyd en die gekose plek was by die Agri-transportplaas buite Frankfort.

“Oor die afgelope tien jaar het ons nou al drie sulke boeredae gehou. Die eerste een was by verskillende takke gehou en die tweede een op Grootvlei. Vanjaar het ons Agritrans, wat ons vervoerwerk doen, se plaas op Frankfort gebruik. Die plaas is ook redelik sentraal en val mooi in ons bedieningsgebied,” sê William Nichols, AFGRI Meganisasie se operasionele bestuurder in Suid-Afrika.

Die gaste is in die arena getrakteer met John Deere trekkers van vervloë jare tot die nuutste 9000R-reeks met rusperbande wat ’n week vantevore in die land aangekom het. Op die lande kon Lemken, Falcon en Rovic Leers ook hulle produkte se staal bewys.

Oor die twee dae wat die skou aangebied is, het daar ongeveer 750 gaste kom lus raak vir AFGRI Meganisasie se raakvat werktuie.


Die John Deere A was vanaf 1934 tot 1952 in produksie. Daar is 300 000 van hulle gebou teen ’n verkoopsprys van $2 400 in 1952.

John Deere se Gator gryp steeds die verbeelding aan en verdien ’n spesiale plek op ’n boer se plaas.

Die R4030-spuit belowe om ’n spuitspoed van 852 liter per minuut teen so vinnig as 40km/h te handhaaf.

Lemken se Solitair 8-planter glip soos ’n mes deur botter onder enige planttoestande.

Rovic Leers kon ook met ’n wye verskeidenheid toerusting by die AFGRI Boeredag op Frankfort spog.

Patrick Roux, besturende direkteur vir AFGRI Meganisasie en William Nichols, AFGRI Meganisasie Suid-Afrika se operasionele bestuurder, by die 9570 RT wat pas in Suid-Afrika geland het.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wees eers 'n goeie boer, bring dan tegnologie in

So lyk die eerste nuwe Ranger