in

Afgri-bring-tegnologie-plaas-toe

Begrip vir die boer se behoeftes is die sleutelbeginsel waarvolgens Afgri Delmas Meganisasie sy sake bedryf. Al die personeel van Afgri Delmas Meganisasie leef in noue kontak met die boer en weet watter tegnologie hy nodig het om sy taak ten beste baas te raak. Maar Afgri Delmas Meganisasie se mense weet ook dat geen boer dit kan bekostig om links en regs werktuie aan te koop sonder dat hy doodseker is dat hulle sal kan doen wat hy van hulle verwag nie.
strautmann_Afgri_voermenger
Boere was beïndruk met die doeltreffendheid van Inttrac se Strautmann-voermenger wat Afgri bemark.

Daarom bring hulle graag die masjiene en trekkers plaas toe sodat die boer rustig self kan kyk, vrae kan stel, sy bure se menings kan hoor en self op die trekkers kan klim en met die toerusting kan werk om te voel of dit werklik is wat hy nodig het.

So ’n uithaal-en-wys-geleentheid was Afgri Delmas Meganisasie se onlangse voermaaktoerusting-demonstrasiedag op die plaas van Carel Jordaan op Brandbach naby Cullinan. Byna honderd boere het die demonstrasie bygewoon, die toerusting bekyk, bevoel, bespreek en getoets, en lekker saam met hulle tegnologieverskaffers gekuier.

Van die werktuie wat boere beïndruk het, is Rovic Leers se Kuhn snyerkneusers en skyfsnyers wat Afgri bemark en rugsteun. Die kernkenmerke van Kuhn-snyerkneusers is dat dit rats en lig is sodat dit moeiteloos selfs op hellings kan sny, en dat dit min trekkerkrag vereis.

Hulle ovaalvormige snyskywe met groot mesoorvleueling sorg vir ’n flink, skoon snit en die maklik verstelbare poli-uretaan chevronkneuserrollers kneus delikate gewasse soos lusern doeltreffend sonder onnodige blaarverlies. Die FC 243 R GII snyerkneuser wat by die boeredag gewys is, het ses skywe waarmee hy 2,4 meter wyd sny en waarvoor hy ’n skamele 59 kW trekkerkrag vra.
AFGRI LusernAs lusern deur die Kuhn-snyerkneuser is, is dit netjies afgesny en doeltreffend gekneus sonder verlies van ’n enkele blaartjie.

Vir die boer wat ’n gewone skyfsnyer sonder kneuser benodig, was daar ’n Kuhn GMD 500 wat twee meter wyd sny, met sy snyskywe wat so ontwerp is dat dit gras skoon afsny en uitwerp voordat dit gekerf word. Danksy die beweeglikheid van die snyer se snybalk, kan hy teen ’n hoë spoed sny, wat dit vir die boer moontlik maak om in die middag te sny wanneer die toestande gunstiger is en wanneer minder voedingswaarde verlore gaan.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kyk-wat-het-Crop~Tech:-Taai-stropers-vir-kleiner-boere

Swak rand help wolmark