in

Trekker- en stroperverkope meer as in 2016

Trekkerverkope van 566 eenhede in November is aansienlik (25%) meer as die 453 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 8% meer as wat dit vir die ooreenstemmende tyd verlede jaar was.

Stroperverkope van 11 eenhede in November is een eenheid minder as die 12 eenhede wat verlede November verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is nou 7% meer as verkope verlede jaar.

Na die belowende aanvang van die somergewasseisoen het sekere gebiede nie opvolgreën gehad nie. Sedertdien was daar egter wydverspreide reën in die meeste van die gebiede. Die aanplant van somergewasse is gevolglik in heelwat dele vertraag, maar boere is nietemin optimisties oor die komende somerreënvalseisoen. Dit bly ʼn kopersmark met voorraad wat in sekere gevalle nog beskikbaar is teen laer pryse. Die wisselkoers word noukeurig dopgehou weens die invloed daarvan op oespryse en die pryse van ingevoerde toerusting. Trekkerverkope vir die 2017-kalenderjaar lyk nou asof dit minstens 5% hoër sal wees as verkope in 2016.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die verbruiker gaan meer vir eiers die Feesseisoen betaal

Dom Boer se lag vir die dag: