in

2021 NAMPO OESDAG GEKANSELLEER

This post is also available in: Afrikaans

Artikel Verskaf: Grain SA Kommunikasie
Uitgereik: 03/06/2021

Graan SA se bekende jaarlikse landbouskou, die 2021 NAMPO Oesdag wat vir 17 – 20 Augustus herskeduleer was, is gekanselleer, het die organisasie vandag aangekondig.

Na die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, sou die regeringsbeleid en -riglyne dit toelaat, het die koms van die 3de COVID-19-golf en die wysigings aan die inperkingsvlakke onder die Nasionale Rampstaat, die organisasie met geen alternatief gelos nie. Met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem, is die visier nou op 2022 gestel.

Gedurende die eerste helfte van 2021 het Graan SA voortgegaan om die oplewing in die nasionale koronaviruspandemie en die gepaardgaande regulasies en beperkings te monitor. Die stygende COVID-19 gevalle het gelei tot verdere beperkings op buitelugbyeenkomste met ingewikkelde uitdagings om die Oesdag aan te bied, en in die belang van alle besoekers, personeellede, uitstallers en die gesondheid en veiligheid van die plaaslike gemeenskap, is die Oesdag gekanselleer. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die NAMPO Oesdag weens die pandemie afgelas is.

“Die besluit om enige byeenkoms te kanselleer of uit te stel, veral die NAMPO Oesdag – die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond – is geen maklike roep vir enige organisasie nie,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof, gesê. “Gebeurtenisse van hierdie skaal verg aansienlike investering van tyd en hulpbronne deur die organiseerders, goedkeuringsinstansies op plaaslike en nasionale vlak, uitstallers en diensverskaffers, en daar moet tydig besluit word of NAMPO 2021 moet voortgaan, aldan nie”,  het de Villiers bygevoeg.

Verder het Graan SA deurlopend met sy NAMPO-vennote en belanghebbendes beraadslaag sodoende die moontlikheid te evalueer om die NAMPO Oesdag in 2021 in die oorspronklike formaat aan te bied, terwyl die veiligheid van sowel uitstallers as besoekers verseker word. “Die NAMPO Oesdag benodig maande se beplanning van die organisasie en sy uitstallers, en omdat baie van sy vennote steeds deelname aan en bywoning van geleenthede verbied, was die besluit om die geleentheid te kanselleer, weereens ‘n noodsaaklike besluit,” het dr. Dirk Strydom, Bestuurder: Graanekonomie en bemarking gesê.

Graan SA is steeds daartoe verbind om ‘n gediversifiseerde landbouhandelsuitstalling aan te bied ten bate van ons getroue vennote, die plaaslike gemeenskap, die landbousektor en die breër publiek, en ons sien daarna uit om die NAMPO Oesdag van 17 tot 20 Mei 2022 op NAMPO Park, net buite Bothaville in die Vrystaat, aan te bied.

Die NAMPO Kaap skou, geskeduleer vir 8-10 September 2021 in Bredasdorp, Wes-Kaap, en die NAMPO Alfa-skou, beplan vir 30-Sep – 2-Oct 2021 op NAMPO Park, Bothaville, is ook gekanselleer. Die besluit om hierdie twee gewilde streekskoue aan te bied, sal heroorweeg word indien regeringsregulasies gewysig word.

Further enquiries:
Toit Wessels, Ass Manager: NAMPO & Marketing | 086 004 7246 | toit@grainsa.co.za
Dr Dirk Strydom, Manager: Grain Economy & Marketing | 086 004 7246 | dirks@grainsa.co.za


What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Rooibos industry pledges continued commitment to sustainability ahead of World Environment Day (5 June) via striking art installation

2021 NAMPO HARVEST DAY CANCELLED