in

16 moet-doen-dinge by die 2017-SA Kaasfees

Kaasfees

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees (28 – 30 April) is vanjaar 16 jaar oud en hier is ‘n lys van 16  moet-doen-dinge by die jaar se fees.

  1. Proe smullekker kaas by die Checkers Kaas Emporium en maak jou mandjie vol by die Checkers Food Market, ‘n miniwinkel.
  2. Skuur skouers met kaasmakers in die Agri-Expo Cheesery en hoor wat die geheim van ʼn goeie kaas is.
  3. Een betaalde toegangskaartjie gee jou een inskrywing vir die REEDS Wen ʼn Bakkie-wedstryd.
  4. Besoek die Agri-Expo Kookpot en kyk hoe glanssjefs, Nataniël, Carmen Niehaus en ander bekendes ʼn storm loskook.
  5. Sien meesterbrouers, Tim Godfrey en Stephan Lotz, in aksie met kaas en bier in die Standard Bank Tasting Room
  6. Ontmoet boetiek kaasmakers van heinde en verre.
  7. Ervaar pure proeplesier wanneer sjefs Aviv Liebenberg en Charné Loubser van die Private Hotel School met kaas en alternatiewe produkte in die Cape Made Kombuis kook.
  8. Kom wees kreatief en kerf kaas in die Ladismith Kaaskerfkompetisie.
  9. Kurt Darren (Vrydag), BlackByrd (Sondag) en ander kunstenaars sit ʼn huppel in jou stap by die Stellenbosch Vineyards musiek gazebo.
  10. Ontmoet radio-aanbeiders, soos Amore Bekker (RSG).
  11. Besoek die suiweldiere by die Melkfabriek.
  12. Maak ‘n draai by die Fynproewerslaan vir ‘n verskeidenheid uitgesoekte geregte.
  13. Ure se pret en vermaak vir die kinders in die gewilde kiddies corner.
  14. Wees op die uitkyk vir nuwe produkbekendstellings by van die stalletjies.
  15. 28 April is Kaas Vrydag! Wees op die uitkyk vir eksklusiewe Vrydag-winskopies!
  16. Veiligheid eerste! Gebruik die beskikbare alkohol asemtoetsers en pendeldienste.

‘n SA Kaasfees se eerste:

Bederf jouself met ʼn uitsonderlike BBP-ervaring deur die nuwe Fynproewerservaring pakket. Besoek www.cheesefestival.co.za of Computicket vir meer inligting.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

grappe

Dom Boer se lag vir die dag:

grappe

Dom Boer se lag vir die dag: