in , ,

Gee jou trekker lekker MOOV!

By die nuwe kleinhandelspunt kan enigeen kom volmaak met lekker Shell Diesel Extra.

Die rustige Overbergse dorpie, Caledon, gaan nooit weer dieselfde wees nie. Nóú gaan die wiele draai!

Vroeër het MOOV Petroleum se depot op Caledon net uit ’n bedie-ningspunt langs die pad bestaan. Met Shell se ondersteuning is die depot pas opgegradeer tot ’n moderne en veilige werf wat aan al die nuwe wetlike vereistes voldoen.

“Vir Shell is dit ’n baie belangrike gebied hierdie, dis hoekom ons hierdie depot opgegradeer het,” vertel Lucas Schoeman, streekverteenwoordiger van Shell SA.

Hy sê veral wat landbou betref glo Shell dat die gebied rondom Caledon baie potensiaal het en dat die boere daar baie baat kan vind by Shell Diesel Extra se voordele. Boere se winsmarges is maar klein en enige besparing beteken geld in die sak wanneer die boeke afgesluit word.

Onafhanklike toetse het bewys: Met Shell Diesel Extra in die tenk bespaar jy tot 3% in brandstofverbruik. Drie persent van die derduisende liter diesel wat gedurende plant- en strooptyd gebruik word, maak ’n groot verskil.

Daarby is die chemiese samestelling van Shell se diesel van so ’n aard dat dit aanpaksels in die enjin voorkom en werklik skoon brand. Dit beteken beter werkverrigting en ook enjins wat langer hou.

Lucas sê boere moet versigtig wees by wie hulle diesel aankoop, want daar is mense wat kanse waag met subgehalte brandstof wat enjins beskadig en dan raak daardie goedkoop koop ’n baie duur koop.

Pierre Erasmus van MOOV Petroleum en Lucas Schoeman van Shell bekyk die nuwe depot op Caledon.
Pierre Erasmus van MOOV Petroleum en Lucas Schoeman van Shell bekyk die nuwe depot op Caledon.

Shell het landwyd uitgesoekte verspreiders wat produkte regstreeks aan boere kan voorsien en ook op die plaas kan aflewer, afhangende van die vo-lume. Die Shell Topverspreiders is ook opgelei om saam met ’n boer te sit en ’n hele bestuur- en beparingsplan uit te werk met betrekking tot sy diesel- en smeermiddelsverbruik.

MOOV Petroleum is een van Shell se Topverspreiders in die Wes-Kaap. Boere sal hulle beter ken as die manne met die MOOV-trokke wat van die vrugteboere van Ceres tot die vissermanne van Hermanus aan die beweeg hou.

Lucas sê: “Omdat Pierre en Tinus-hulle Shell se waardes deel en so ’n hegte familiesaak is het ons gevoel ons wil graag met hulle ’n vennootskap sluit in hierdie gebied en uit die aard van die saak moes ons die depot opgradeer om aan al die standaarde te voldoen.”

Met die opgradering is die volmaaktoerusting gemoderniseer sodat die MOOV-tenk-trokke nou teen 700 liter per minuut gevul kan word. Natuurlik help dit ook dat Shell Diesel Extra so ontwikkel is dat dit nie skuim wanneer dit ingegooi word nie. Vir alle gebruikers hou dit die voordeel in dat daar vinniger volgemaak kan word sonder vermorsing met skuim wat uitborrel en natuurlik word die tenk gevul met diesel en nie skuim nie.

Al die veiligheidsmaatreëls is opgeskerp met ’n verdelingstenk vir enige afloop om en in bedieningswerf. Water en diesel wat daar inloop word opgevang tot dit veilig verwyder kan word. Pierre Erasmus sê: “Dit beperk ons risiko vir aanspreeklikheid deur omgewingsake en ook waterwese, want ons het ’n rivier wat net hier naby verbyloop en dis maar altyd ’n gevaar as jy met brandstof werk. Die aflooptenk is ’n maatreël om te verseker dat ons nie die omgewing benadeel nie.”

Hy sê die grootste voordeel vir boere in ’n straal van 150 km om Caledon is dat hulle nou nog beter en vinniger diens van MOOV Petroleum kan verwag. Daarby is daar ook ’n nuwe kleinhandelspunt waar enigeen sy voertuig kan kom volmaak.

Die kleinhandelspunt behoort aan Ikamva-trust, die maatskappy se bemagtigingsbeen wat aan werkers die geleentheid bied om hulle eie onderneming te bestuur.

By MOOV is dinge voorwaar altyd aan die beweeg en dit is alles te danke aan Shell se finansiële, tegniese en morele ondersteuning.

“MOOV sal nooit stop nie, dit is wat sy naam sê, ons is altyd aan beweeg. Ons brei uit na die Suidkaap toe in hierdie stadium; ons probeer onsself daar vestig en ons probeer heeltyd om ’n groter markaandeel te verwerf waar ons reeds gevestig is,” sê Pierre.

Skakel Pierre Erasmus by 082-551-8305 om uit te vind hoe MOOV jou boerdery kan help of as jy in n ander streek boer, kontak Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of r.vanderwesthuizen@shell.com om uit te vind wie jou naaste betroubare Topverspreider is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Massey bied die regte trekker vir die regte doel

Besproeiing: Wie weet beter as die boer?