in ,

Massey bied die regte trekker vir die regte doel

This post is also available in: Afrikaans

“Ek is ‘n wortelboer en ek het nou ‘n vloot trekkers wat my groenteboerdery soos ‘n handskoen pas,” vertel Toks Liebenberg van Greenpak Boerdery naby Bothaville. As verskaffer aan Woolworths moet elke trekker en werktuig op die plaas sy werk doeltreffend en blitsig kan uitvoer.

Toks sê toe dit tyd geword het om sy vorige vloot trekkers te vervang, het hy al die groot trekkermaatskappye gekontak vir hulle verskillende opsies. Daar is ook brandstofverbruiktoetse op die plaas gedoen en Barloworld op Bothaville se Massey Ferguson-trekkers was die wenspan.

Francois du Preez, takbestuurder, Barloworld Bothaville, en Toks Liebenberg tussen ‘n MF 4708 en MF 7614 wat elkeen sy spesifieke werk op die wortelplaas het.
Francois du Preez, takbestuurder, Barloworld Bothaville, en Toks Liebenberg tussen ‘n MF 4708 en MF 7614 wat elkeen sy spesifieke werk op die wortelplaas het.

Toks sê wat hy besonder waardeer het, is dat die manne van Massey nie net vir hom ‘n prysberaming uitgewerk het op grond van sy versoek nie, maar ook self op die plaas kom kyk het na sy werktuie en program en op grond daarvan aanbevelings gemaak het. Die gevolg is dat elke trekker presies die regte spesifikasies vir die werk het wat gedoen moet word.

Toks sê op die oog af is daar nie juis ‘n verskil tussen die MF 7614 (97 kW) en die MF 7615 (103 kW) nie, want hulle is ewe groot, maar die 7615 met sy ses silinders het net daardie ekstra bietjie olie en krag beskikbaar om vakuumplanters perfek te hanteer.

Die 7614’s kan in hulle grootboet se plantspoor loop vir al die ander werk, soos strooi en stroop met die minimum grondvastrappery en sakpasdieselverbruik. Die tegnologie in die 7600-reeks is merkwaardig, vertel Toks. Met boerdery onder spilpunte moet daar meer gereeld op die wenakker gedraai word as byvoorbeeld op die gewone uitgestrekte mielielande van die Wes-Vrystaat. Die reeks se wenakkerbestuur (headland management) waardeur werktuie outomaties gelig word en presies in die regte werksposisie terugsak, beteken groot brandstof- en tydbesparing.

Daarby het hulle as standaard ‘’n hoë grondvryhoogte en kan toegerus word met smaller 38 cm wiele vir werk tussen die groentebeddings. “Die trekker is getroud met die smal wiele,” sê Toks. “Kyk daar: dit lyk goed, dit lyk of dit so hoort.”

Die trekkers loop almal netjies in die 2,15 meter-spoor weerskante van die wortelbeddings wanneer dit nodig is om deur die land te beweeg en reageer rats vir al die presisiewerk in die boerdery.

Die MF 4708-trekkers van 61 kW word gebruik vir al die aanry-en oplaaiwerk op die plaas en hulle moet wikkel om die wortels so vinnig as moontlik in die pakhuis te kry sodat dit vroeg môre-oggend vars in Woolworths se rakke kan pronk.

Daar is ook ‘n kragtige MF 8690 van 250 kW wat uit die skuur uitbrul wanneer dit tyd is vir ernstige grondvoorbereiding. Met die voortdurende wisselboustelsel onder die spilpunte, is sy rustye ook nie te lank nie.

Elke trekker het sy baas

Net soos elke trekker op die plaas sy werk het, het elke trekker ook sy baas. Toks sê die ander groot bate wat

Massey Ferguson benewens hulle trekkers het, is ‘n man met die naam van William Tsheisi wat elke trekker soos die palm van sy hand ken en sorg dat elke operateur verlief raak op sy trekker.

Op die plaas loop daar byvoorbeeld ‘n George en ‘n GP en ‘n Fetshu en die groot Dawita, en behoede die man wat die verkeerde wiel vat om iets te gaan doen. Toks sê as een van die manne bietjie verlof het, moet hy toestemming vra dat ‘n ander operateur die trekker mag gebruik!

Die voordeel is dat elke masjien soos ‘n baba opgepas word en dat al die tegnologie op die regte manier gebruik word om die maksimum waarde daaruit te put. Aan die begin het hulle vir die geringste dingetjie ingebel en dan het Barloworld se kundige werktuigkundige ewe geduldig uitgekom en seker gemaak alles is reg totdat elke man werklik vertroud (of getroud) was met sy trekker.

Die plaas is nou in rooi getooi. Toks sê dit was eintlik toevallig dat sy manne rooi oorpakke dra, maar dit het hulle nog meer trots gemaak. Wat minder toevallig is, is die rooi Isuzu waarmee Toks nou op die plaas rondry…

Verf jou plaas rooi met ’n Massey Ferguson vir elke werk. Kontak jou naaste handelaar of skakel Nicoleen Bosman van Barloworld Agriculture by 011-898-0074. Kyk ook gerus op

www.proagri.co.za se video-galery.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes

Gee jou trekker lekker MOOV!