in

Eiendomsreg-stryd nog nie verby nie

This post is also available in: English

Danksy grootskaalse druk uit die gemeenskap en burgerregte-organisasies kon die ANC nie daarin slaag om Artikel 25 van die Grondwet te verander nie.

Uitslag: 145 parlementslede het teen die wysiging gestem en 204 was ten gunste. Daar was dus nie eens die 2/3 meerderheid steun nie.

Hierdie sukses is te danke aan die duisende landsburgers wat onder andere Vrystaat Landbou (VL) se petisie teen die grondwetwysiging gesteun het.
VL het ten volle aan die openbare konsultasieproses deelgeneem en hierdie
voorgestelde wysiging aan Artikel 25 teengestaan deur ons lede en die publiek te mobiliseer om insette te lewer, deur skriftelike indienings asook voorlegging aan die parlement.

Die standpunt van VL bly dat die huidige Artikel 25 van die Grondwet voldoende voorsiening maak vir grondhervorming, sodra die staat die politiese wil het om dit uit te voer. Die is in die nasionale belang en VL sal sy deel doen om die staat verantwoordbaar te hou in die uitvoering van sy pligte.

Die geveg vir die behoud en uitbreiding van individuele eiendomsreg duur egter voort. Die volgende uitdaging is om die onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm ook te stop. As die wetsontwerp vroeg volgende jaar voor parlement dien is net ‘n 50% eerderheid benodig.

Om u ondersteuning vir VL te toon gaan na: https://vrystaatlandbou.co.za/stopexpropriation/.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SA Ekonomiese herstel hang af van Parlement se stem oor #OSV

Tigane Bonsmara-stoetboerdery gaan van krag tot krag