in , ,

Eerste balerwedstryd: Bieliebalers wys hulle staal

Farmboek en Valtrac se balerwedstryd het vir groot opwinding gesorg. ’n Vroeë reëntjie het gehelp om die spanning te verhoog, maar die oomblik toe die materiaal droog genoeg was, is die windrye gehark, met volle vaart weggetrek en uiteindelik was die resies ’n sukses.

This post is also available in: English

Uithaal en wys was die wagwoord toe die voorste rondebalers onlangs aangetree het om hulle staal in Valtrac en Farmboek se balerkompetisie op Vlakfontein, die plaas van Jonathan van Aswegen, naby Parys gehou het.

Hierdie kompetisie is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Dit spruit uit die oortuiging dat verkooppraatjies of blinkgevryfde masjiene op ’n vertoonvloer nie genoeg inligting bied waarvolgens die boer ’n raak aankoopkeuse vir werktuie kan maak nie – sien is immers glo.

Die spanning van die dag is ’n paar kerwe hoër gestel toe ligte reën vroeg die oggend uitgesak het om die gras wat die vorige dag gesny in in netjiese windrye van 400 meter gehark is te nat vir baalwerk te maak. ’n Belugter is ingestuur en net voor die middag was die materiaal droog genoeg om weer in windrye te hark – gereed vir die balers se vertoning.

Die twee kategorieë wat deelgeneem het, was die wisselbarekamerbalers waarvoor daar drie inskrywings was en die vastekamerbalers waarvoor daar agt inskrywings was. Almal het gelyk weggespring.

Dit was ’n strawwe kompetisie en ’n paar onnodige foute is gemaak wat die resies nog meer spanningsvol gemaak het. Nadat die balers almal oor die eindstreep is, is elke baal geweeg en die mates geneem om ook te bepaal hoe dig die balers baal en hoeveel ton per uur gebaal is.

Die laaste paar meter voor die wenstreep was ’n naelbyt aff êre, veral as ’n baal besluit het om briek aan te slaan sodat dit kan uitkom.

André Groenewald van Farmboek het die ingewikkelde formules uitgewerk en uiteindelik kon die wenners aangewys word:

RovicLeers se Krone Comprima V180 was heel eerste oor die wenstreep en het ook die wisselbare kamerkategorie met 50 uit 50 punte gewen. Willie Human is takbestuurder en Nardo Schutte (operateur) is die tegniese bestuurder by hulle tak in Johannesburg.

RovicLeers se Krone Comprima is aangewys as die wenner van die wisselbarekamerkategorie en Northmec se Welger RP 245 was die wenner van die vastekamerkategorie.

Northmec se geesdriftige span en hulle Lely Welger RP 245 Xtracut het die vastekamerkategorie met 47,33 punte uit 50 gewen.

In die vastekamerkategorie het Valtrac se Kuhn FB 3130 tweede gekom met 44,82 punte uit 50 en Jupidex se McHale F5500 was derde met 38,79 punte.

 

André Groenewald en sy Farmboek-span het elke baal geweeg en gemeet om te bepaal watter baler werklik gewen het.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boer slim met Timac Agro SA

Trekkerverkope daal