in ,

ECM: ATN MARS sal jou uitkyk op die lewe verander

So lyk die ATN MARS teleskoop wat jou kan help om in die donker meer as ‛n kilometer ver te sien wat aankom.

This post is also available in: English

“Ek het op my pa-hulle se plaas naby Frankfort in die Vrystaat grootgeword en ek weet wat jakkalse aan skape doen en hoeveel skade hulle veroorsaak,” vertel Marno Muller. Marno is een van die handjievol skuts in die wêreld wat gebruik word om ATN se toerusting in die veld te toets en sy indrukke te gee.

Marno het so ’n paar jaar gelede sy eerste ATN-teleskoop, die X-Sight1 wat met infrarooi lig werk, gekoop. Hy sê in daardie dae het die koöperasies begin om roepers te verkoop wat jagters kan gebruik om jakkalse te roep en te veel mense het begin jakkalse jag sonder dat hulle kursusse gedoen het of geleer het watter klanke om op wattter tye te gebruik, dan skiet hulle dikwels mis en maak net die jakkalse al hoe slinkser.

Hy sê ATN het aan hom die voordeel gegee om in die nag probleemdiere raak te sien en akkuraat te skiet, sonder om lyding te veroorsaak of die diere skelmer te maak.

“As jy ‛n groot, skerp lig van ‛n bakkie se dak af in die rigting van probleemdiere rig kan jy moontlik ‛n paar skiet, maar as hulle misgeskiet is gaan hulle baie selde weer naby kom as jy ‛n lig gebruik. Met infrarooi sig kan jy sien sonder om gesien te word en jou jagtog is net soveel meer doeltreffend. Met hittebeelde (thermal images) is dit nog beter, want wegkruipkans vir die veediewe word al hoe minder en jy het geen ekstra lig nodig nie,” sê Marno.

Na die X-sight 1 het die X-Sight 2 gevolg, wat ‛n video van die teleskoop-beeld kan opneem om agterna die jagtog te bekyk en beoordeel; of die beeld kan na ‛n selfoon of rekenaar gestuur word sodat iemand anders die jagtog kan volg.

Marno het tans die MARS 640 2.5-25X-model met ‛n 50 mm lens en sê dit is verseker sy teleskoop vir nou. Daar is ook ander MARS-modelle wat hy al bekyk het.

Daar is nie ‛n manier hoe jy in die nagmet die blote oog die vyand op 100 meter so duidelik sal kan sien nie.

Hier is so ‛n paar van die punte wat hy graag vir boere en jagters wil uitlig:

In die eerste plek is dit ‛n hittebeeldteleskoop wat jou help om werklik ver te sien. Met die 640 (pieksels per vierkante duim) kan jy op 1 500 meter die hittebeeld sien (detection), op 600 meter kan jy dit herken (recognition) en op 360 meter kan jy ‛n persoon identifiseer (identification).

Boere wat hulle plase patrolleer vir veiligheid, sal met ander woorde op ‛n baie veilige afstand reeds kan sien of die honde vir ‛n jakkals of ‛n mens blaf.

Die hittebeeld kan gestel word om verskillende kleure te wys  – net soos dit vir jou pas. Jy kan ook die kruishare stel in ‛n patroon of kleur wat jou pas.

Net soos al ATN se toerusting, is die teleskoop gebou om stampe en stote te hanteer.

Sukkel met somme om jou instellings te doen, is ook iets van die verlede. Die ATN Obsidian Shooting Solution doen alles vir jou – jy hoef net die veranderlikes in te voer, soos die afstand, wind en hoek.

Marno sê met die volgende reeks wat uitkom is daar vele opwindende funksies om na uit te sien, soos 4k-videogehalte en die vermoë om op te neem terwyl die beeld ook na ‛n foon of rekenaar gestuur word.

“ATN is my eerste keuse en ek loop graag die pad saam met met hulle,” sê Marno.

Meer inligting is op www.ecmtech.co.za of besoek ECM op NAMPO by die Suidwes-uitstalling.

Marno Muller is deel van die professionele personeel vir ATN se produkte en sy beeldmateriaal oor die doeltreffendheid van die teleskope word wêreldwyd geraadpleeg.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Benedict Modise

NWK stel ‘n Direkteur vir Transformasie aan

smith power

Smith Power Equipment bied veelsydige oplossings vir Laeveldboere