in

Dringende aksie nodig teen toenemende plaasaanvalle

This post is also available in: English

Agri SA spreek sy kommer uit oor die skokkende toename in plaasaanvalle en versoek ‘n dringende vergadering met die nuut aangestelde minister van Polisie en Nasionale Kommissaris om hierdie saak van nasionale belang, te bespreek. Plaasaanvalle het in die vorige jaar met 22% en moorde met 27% toegeneem en soos berig is, het ses plaasaanvalle die afgelope week voorgekom.

“Sekere van die boere en plaaswerkers is brutaal aangeval en daarom doen ons ‘n beroep op ons boerderygemeenskap om hulle paraatheid verder te verskerp. Binne Agri SA en ons provinsiale organisasies sal ons alles in ons vermoë doen om plaasaanvalle te probeer voorkom,” sê Dan Kriek, president van Agri SA.

Agri SA het reeds die nuut aangestelde minister van Polisie, asook Nasionale Kommissaris genader om die dringendheid van die voortslepende plaasgeweld en die effek wat dit op boerderygemeenskappe het, te bespreek. Aspekte soos die finalisering van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie, asook die reservistestelsel sal van die aspekte wees wat bespreek word. ‘n Goed funksionerende reservistestelsel wat toeganklik is vir die boerderygemeenskap om daaraan deel te neem, is die ruggraat vir landelike beveiliging.

Agri SA bly verbind om ‘n oplossing in samewerking met gevestigde owerheid- en burgerlike strukture, te vind. Hoewel daar onlangs grootskaalse buitelandse aandag op plaasaanvalle gevestig is, soek Suid-Afrikaanse boere nie versekering van die buiteland nie, maar van hulle eie regering.

“Plaaswerkers en boere is uiters kosbare hulpbronne wie nodig is om voedselsekerheid en landelike stabiliteit te waarborg. Daarom moet hulle behoorlik beskerm word om kos vir die nasie te verseker, iets wat hulle by uitnemendheid regkry.”

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Tata se Ultra is nommerpas vir boere

Mercedes-Benz X-Class bakkie op pad na SA