in

Dom Boer se (antieke) lag vir die dag:

This post is also available in: English

Stokou storie

Hierdie storietjie is so oud dat hy vertel moet word omdat die meeste mense te jonk is om van hom te weet of hom al vergeet het.

Die skaam student kry sinningheid in ‘n mooi, rooi nooi, maar hy is te skugter om die saak aan te voor.

Sy gladdetongmaat is ‘n huisvriend van die mooi rooi nooi en hy nooi Skaam Student om saam met hom by Mooi Rooi Nooi en haar ouers te gaan kuier, dan sal hy die pad vir hom ‘n bietjie oopmaak, sê hy.

Hulle het skaars hulle sit in die sitkamer gekry, toe vra die tannie vir Skaam Student: “Studeer jy ook BA?”

Voordat Skaam Student kan antwoord, roep Gladde Tong uit: “BA? BA? Hy het reeds ses doktorsgrade en is nou besig met sy sewende.”

Oom: “Ek verstaan jy kom van Wes-Transvaal af. Boer jou pa?”

Gladde Tong: “Boer sy pa? Hahahahahaha! Sy pa besit sewe mielieplase in Wes-Transvaal en tien in die Vrystaat – dit is nou behalwe die beesplase in die Kalahari en die Bosveld, die wynplase in die Boland en die skaapplase in die Karoo en Oos-Transvaal.”

Tannie: “Hulle sê my jy het ‘n karretjie…”

Gladde Tong: “’n Karretjie? Ha, ‘n karretjie? Hy het vier Rolls Royce’e en dit is net vir die plaas…”

Skaam Student voel erg ongemaklik oor die oordrywery en hy kug.

Tannie: “Sies tog, het jy verkoue?”

Gladde Tong: “Wat? Verkoue? Hy het tuberkulose.”

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

sheep

Veilings- September 2018

Wes-Kaap se grootste konynskou by Agri-Expo Livestock